Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die digter James Matthews het Sondag 80 jaar oud geword. Hy het gister met Die Burger gepraat.Foto: MICHAEL HAMMOND
Die digter James Matthews het Sondag 80 jaar oud geword. Hy het gister met Die Burger gepraat.   Foto: MICHAEL HAMMOND
Nuus
’n ‘Cat’ van die ghetto’s op 80
26/05/2009 10:30:59 PM - (SA)

Die taalgebruik van ’n 80-jarige dissident-digter is soms van so ’n aard dat jy dit nie verbatum in ’n gesinskoerant kan herhaal nie.

“Ek was ’n f— up cat,” sê hy.

Dit verwys na sy dae as die “enfant terrible” van die Kaapse kultuurwêreld, ’n tyd toe hy saam met skrywers soos wyle Richard Rive en Gladys Thomas, kunstenaars soos Peter Clarke en Lionel Davis, musikante soos Dollar Brand (nou Abdullah Ibrahim) en ’n jong fotograaf, George Hallett, uitgehang het.

James Matthews was omtrent ’n karakter in daai dae, letterlik dinamiet in ’n klein pakkie – totdat hy so 15 jaar gelede opgehou drink het. Die afgelope Sondag vertel Clarke by Matthews se verjaardagpartytjie in Nuweland: Hy was ’n cat “wat bo-op iemand se kar sou klim en sy blaas op die dak leegmaak”.

Maar in die hitte van gister se wintersoggend het daar ’n byna ongekende sagtheid by Matthews se huis in Sondousteeg in Athlone deurgeskyn.

’n Houtskoolkleurige kat loop by my verby waar ek byna teen die voordeur op ’n rusbank sit, een van die min hoekies in Matthews se voorkamer wat nog begaanbaar is.

Die res van die vertrek, en eintlik die ganse huis, is toe onder boeke, tydskrifte, koerante, pamflette, foto’s en kunswerke, ook twee groot groen plante.

James Matthews, pas terug van die gimnasium, staan en praat. Ek vra wat is die naam van die kat wat nou net hier verby my geloop het?

“Dis nie sommer net ’n kat daai wat nou net hier verby jou geloop het nie,” help hy my reg. “Sy is die mede-eienaar van dié woning; sy is Angel.”

Hoekom Angel? wil ek weet.

“Wil jy nou met die kat ook ’n onderhoud doen?” vra hy.

Maar hoe kon hy haar nié Angel noem nie, sê hy; hy het net een keer na haar gekyk en geweet. Nou is hulle al sowat ses maande saam.

“Maar weet jy wat ek bisar vind, is dat as jy ’n kat van die SPCA wil aanneem, dan moet jy eers ’n vorm invul. Toe vra ek moet ek nie ook twee verwysings saamgebring het nie?”

Dit was nie nodig nie, maar die Dierebeskermingsvereniging het wel twee jong werkers gestuur om te kyk of sy woning geskik sou wees om ’n kat aan te hou.

“Natuurlik het die twee jong mense saamgestem,” lag hy, “dat die toestand van my voortuin en agterplaas – toegegroei soos wat dit is – net die plek is.”

Ernstig nou: “Ek sal altyd ’n dissident-digter wees,” sê Matthews. “Dis hoekom ek dit besonders aanstootlik vind as mense my vra of ek steeds politieke gedigte skryf – asof alles reg is, noudat mense kan stem, daar weggedoen is met die Groepsgebiedewet en ek as ’n volwaardige burger beskou word.”

Maar niks het egter verander vir die mense in die informele nedersettings nie, voeg hy driftig by. Helaas vul wetgewing nie jou honger maag nie. En intussen sterf kindertjies in informele gebiede steeds, soos hy dit eens gestel het, “soos saaiplantjies wat deur die ryp vernietig is”.

’n Dissident-digter hoef g’n die magshebbers te prys nie, sê hy later oor mnr. S’bu Ndebele, minister van vervoer, se “eerbare” besluit om sy Mercedes-Benz-geskenk van meer as R1 miljoen terug te gee.

“Dit sou eintlik meer gepas gewees het as daai geskenk ’n tweedehandse kar was vir die tweedehandse dienslewering wat mense van die regering ontvang.”

En ’n dissident-digter kan ook nie omgekoop word nie – selfs nie eens met ’n Nasionale Orde nie. Met sy ontvangs van die Orde van Ikhamanga (silwer) het hy gewonder of die president of enige van sy amptenare ooit enige van sy werk gelees het.

Dié werk sluit in Cry Rage, wat in 1973 die eerste publikasie geword het wat verbied is – en waaroor dr. Neville Alexander sê dat dit niks minder was nie as die “poëtiese voorloper van die Soweto-opstande” in 1976.

Matthews sê oor homself: “Ek is net ’n cat van die ghetto’s wat dit gelukkig getref het met woorde.”

Maar hy glo steeds kinders moet op skool geleer word van digters wat uit sy era kom, soos jy vind met Neruda en Dorfman in Chili waar ’n revolusie ook plaasgevind het.

Die afgelope Sondag het hy opgewonde aan sy partytjiegaste vertel hy het ’n visioen gehad dat hy tot op 105 jaar gaan lewe, want:

age is a beautiful phase

i am at peace with my journey

moving with contentment to its end.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |