Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Mnr. Angus Buchan
Mnr. Angus Buchan   
Nuus
Buchan ‘behoort gevrees te word’
09/03/2009 09:09:57 PM - (SA)

Kaapstad. - Dit is nie net Luke Watson wat daarvan kan getuig dat ’n stampvol rugbystadion ook soms ’n skadelike skadu kan werp nie.

Volgens ’n dosent aan die Universiteit van KwaZulu-Natal steek daar groot gevaar in die boodskap van die Christen-prediker mnr. Angus Buchan, wat al Loftus Vers­feld én Nuweland vir sy mega-geloofsaamtrekke ingespan het.

Dr. Sarojini Nadar, senior dosent aan dié universiteit se Skool vir Godsdiens en Teologie, het Vrydag op ’n konferensie in Stellenbosch gesê daar skuil ’n filosofie van manlike oorheersing in die boodskap van Buchan wat selfs tot geweld teen vroue kan lei.

“Ek sou argumenteer dat Buchan se Mighty Men-konferensies die nuwe weergawe van hegemoniese Afrikaner-manlikheid is wat aan ’t kop uitsteek is,” het Nadar gesê op ’n tweedaagse konferensie, “Die euwel van patriargie in die kerk, die maatskappy en politiek in Suid-Afrika”.

Derduisende mans sal na verwagting in April vanjaar op Greytown in KwaZulu Natal toesak vir die gewilde Buchan se Mighty Men-konferensie 2009.

Watson het Saterdag tydens ’n Super14-rugbywedstryd deurgeloop onder Bulls-aanhangers op Loftus Versfeld wat hom glo onder meer met die dood gedreig het.

In ’n bydrae getiteld “Wie skrik vir die ‘Mighty Men’s Confe­rence?’” het Nadar Vrydag aan ’n klein groep akademici, kerkleiers en selferkende gender-kwaadstokers gesê Buchan se teologie moet fyn dopgehou word. “Ek sou argumenteer dat teologie van hoofskap (‘headship’) en onderdanigheid net nog ’n manier is om geweld aan te moedig deur die verraderlike mite dat mans as die sterker geslag vroue moet beskerm of hul oor die swakkes moet ontferm.”

Nadar het gesê Buchan en sy magtige mans behoort gevrees te word. Volgens haar kan sy boodskap toehoorders op die valse spoor plaas van wat dit werklik sou beteken om ’n man te wees deur te verwys na uitgediende, ­afbrekende wyses van manwees waar vroueregte ingeboet word.

Die konferensie is gereël deur die drukgroep Inclusive & Affirming Ministries.

Buchan was nie gister vir kommentaar beskikbaar nie, volgens sy woordvoerder, me. Bianca Ortman.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |