Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Kranse by hof vir Bernadine
26/02/2009 09:36:36 AM - (SA)

Kranse om hulde te bring aan Bernadine Kruger (16), wat Maandag deur ’n taxi doodgery is, asook aan ander slagoffers van roekelose taxibestuurders, word vandag by die Pretoriase landdroshof gelê.

Die kranslegging om 09:30 word deur die burgerregte-inisiatief AfriForum gereël met die steun van Bernadine se ouers, mnr. Koos Kruger en mev. Elsabé Homan.

Die taxibestuurder wat in hegtenis geneem is oor die ongeluk waarin daar bo-oor Bernadine gery is, verskyn vandag in dié hof op aanklagte van strafbare manslag.

AfriForum het ook bekend gemaak hy gaan versoeke aan mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer, rig dat die minimum straf vir roekelose bestuur verhoog word.

AfriForum het gesê hy gaan Radebe vra dat roekelose bestuurders van minibustaxi’s deur verskerpte wetstoepassing vasgevat moet word.

Die Vryheidsfront Plus (VF+) het ook gister die kantoor van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gevra dat die taxibestuurder van moord aangekla moet word.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF+- raadslid in die Tshwane-metroraad, kan die taxibestuurder op grond van die regsbeginsel van dolus eventualis van moord aangekla word. Die party het regsadvies daaroor ingewin. Daarvolgens kan ’n oortreder wat kon voorsien en hom daarmee versoen het dat sy aksies tot iemand se dood (regstreeks of onregstreeks) sou lei, en steeds met daardie aksies voortgaan, aan moord skuldig wees.

Bernadine, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Garsfontein, was Maandagoggend met haar bromponie op pad skool toe toe ’n taxi haar doodgery het.

“Alle inligting van ooggetuies dui daarop dat Bernadine se dood nie bloot die resultaat van roekelose bestuur is nie, maar dat daar ’n element van opset was om haar raak te ry om haar uit die taxi se pad te dwing,” het Beyers gesê. Die VF+ het ook gesê dat ondersoek ingestel moet word hoekom die taxibestuurder nie op die toneel in hegtenis geneem is nie.

) ’n Eerstejaarstudent aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth is intussen in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal opgeneem nadat hy eergister op sy fiets deur ’n taxi raakgery is.

Mnr. Jason Kruger (19) is sowat 30 meter ver agter die taxi aangesleep en is ernstig beseer.

Sers. Tembi Gwe, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die bestuurder is in aanhouding en verskyn vandag in die hof. Hy word aangekla van roekelose en nalatige bestuur en bestuur onder die invloed van alkohol.

Volgens Jason se pa, mnr. Zwaai Kruger, het sy seun skedelbreuke opgedoen en is daar bloeding op sy brein. Hy het ook ’n arm en ’n sleutelbeen gebreek, van sy tande verloor en al die ligamente in sy hande geskeur. Verder het hy verskeie skraapmerke oor sy hele liggaam.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |