Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 19º | Worcester 9º / 21º | George 11º / 21º | Port Elizabeth 14º / 23º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Reddingswerkers probeer om twee lyke uit die verfrommelde wit Volkswagen Polo te kry. In die sloot lê die bedekte lyke van die ander twee slagoffers. Foto: malani venter
Reddingswerkers probeer om twee lyke uit die verfrommelde wit Volkswagen Polo te kry. In die sloot lê die bedekte lyke van die ander twee slagoffers.    Foto: malani venter
Nuus
Vier op slag dood toe trein motor by Spier tref
05/01/2009 11:33:52 PM - (SA)

Stellenbosch. - Hy het net skielik gesien hoe ’n wit motor in die lug uitmekaar- skiet, het ’n erg geskokte treinpendelaar gistermiddag gesê.

Kort tevore het die trein waarin hy gereis het ’n wit Volkswagen Polo getref. Amper gelyktydig het twee liggame deur die lug getrek.

Twee mans en twee vroue, besoekers van Gauteng wat in ’n Kaapstadse hotel tuisgegaan het, is na verneem word omstreeks 15:05 op slag dood toe die trein hul gehuurde voertuig by die Vlaeberg-kruising getref het.

Dié oorgang is op die Vlaebergpad, ’n afdraaipad vanaf die R310 naby die landgoed Spier buite Stellenbosch.

Die vier oorledenes, van wie drie iets in die vyftig was, was vermoedelik op ’n wynproe-toer.

Met Die Burger se aankoms op die toneel het twee bedekte lyke ’n paar meter van die kruising in ’n sloot langs die verfrommelde voertuig gelê. Dit was dié liggame wat mnr. Donovan Jansen deur die lug sien trek het.

Jansen, van Cloetesville, wat in die derde wa van voor gesit het, het weens die hitte sy kop by die treinvenster uitgesteek.

Hy het ooglopend geskok op die ongelukstoneel beskryf hoe die trein die motor getref het.

“Ek het my oë toegemaak vir die wind. Toe ek dit oopmaak, sien ek net die wit kar en die trein wat dit in die middel tref.

“Die kar het die volgende oomblik uitmekaargeskiet.”

Nie ver daarvandaan nie het reddingswerkers nog twee lyke uit die voertuig probeer kry.

Twee kragbokse, kragpale en kragdrade het op die toneel stukkend gelê. Dit blyk die voertuig het ná die impak die kragbokse getref en toe tussen ’n sloot en die treinspoor tot stilstand gekom.

Volgens Jansen het die trein onmiddellik rem aangeslaan. “Die hele trein het gebewe tot ons stil gaan staan het.”

Dit is die tweede ongeluk in drie weke by dié kruising.

’n Man en vrou het in Desember uit die wrak van ’n silwer Toyota Yaris geklim nadat ’n trein die motor daar getref het.

Die polisie kon teen druktyd nog nie die name van die slagoffers bekend maak nie.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se winter- en lenteskole. Skryf nou in vir Die Burger se Vakansieskole.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
341 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |