|
|||||||||||
|
| VIND: |
Nuus
Ag moeder! Troeteldier-fotogalery 3
15/12/2008 04:46:05 PM - (SA)
Ons het al ’n hele paar foto’s vir ons troeteldier-fotokompetisie ontvang. Deelnemers staan ’n kans om ’n kopie van The South African Pet-Friendly Directory te wen.
Dit dui vakansieplekke wat jou én jou troeteldiere verwelkom, aan. Onthou om jou troeteldier se naam, ouderdom en iets oor sy persoonlikheid saam in te stuur.
Stuur jou beste “Ag moeder!”-foto na web@dieburger.com voor Dinsdag, 16 Desember, om 12:00.
Maggie, die Staffie, ry graag in die motor, vertel A.C Botha.
Mufasa is as ’n straatkind gebore. Hy is deur ons buurvrou huis toe gebring, maar het so lief vir ons geword dat hy besluit het om by ons in te trek, vertel Maria Ellis.
Elizma Myburg het ’n foto van haar hond, Buzz Lightyear, ingestuur. Hy is ’n Weimaraner en nou een jaar oud.
Marinda van Aswegen het ’n foto van Bella, haar Basset. Sy gunsteling tydverdryf is om op banke en beddens te lê en dut.
Francois Marais sê sy hond, Lulu, is mal oor toertjies en om te gaan stap. Lulu is nou 8 jaar oud.
Hierdie is Peter en Heidi – hulle is opregte maltesies en behoort aan Du Plessis en Sumari van Aswegen van Somerset-Wes.
Robert Bingle vertel sy wyfiekat, Asjas (10), is baie lief daarvoor om op ’n mens se skouer te sit.
Dis elke dag Kersfees met ons Birmese kat, Kelsey, wat geskenkies aandra vir Alec en Esmè van Wyk van Tulbagh.
Sindy se kat Cardi is vier weke oud en baie spelerig.
Marcia Little se Labrador, Sheena, lê net soos ’n mens onder die duvet met haar kop op ’n kussing.
Marcia Little se katte, Vicky en Sparky, is nege jaar oud en steeds onafskeidbaar.
Dit is Sue von Stein se ‘Little Missy’. Sy is ’n miniatuur-worshondjie, met ’n rif op haar rug en gebreekte stert.
Liezl Scholtz vertel Gaby, haar Labrador-kruis (3), dink elke bed in die huis behoort aan hom. Hier lê hy saam met sy geliefde poppie.
Annerie Bosman vertel haar hond Nelson is die baas van die Bosman-huishouding.
Sue von Stein se Abigail is ’n skaaphond gekruis met ’n maltees.
Louise Mouton vertel haar hond, Amber (3), is baie lewendig en baie lief vir eet.
Sue von Stein se twee worsies, Roxy en Shanti.
Suzanne du Toit vertel Basil, ’n schnauzer, is haar pa se groot vreugde.
Ek is Yuri Ulianitski Nel en is ’n vier maande oue Rottweiler van Aggeneys in die Noord-Kaap. Foto: Hannelie Nel.
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |