Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Orania wil vrou uitskop oor ‘saamblyery, gevloek’
17/10/2008 11:01:46 PM - (SA)

Orania. - ’n Inwoner (18) van dié dorp het ’n brief van die dorpsraad gekry dat sy die dorp moet verlaat omdat sy nie die reëls nakom nie.

Van die redes is glo dat sy by haar verloofde (29) woon en dat sy glo vloek.

Intussen het me. Lezaan Pretorius (18) ’n saak van aanranding teen haar voormalige werkgewer op die dorp aanhangig gemaak. Sy meen dít is die rede hoekom sy uit die dorp gejaag word.

“Die man het my aan my arm gegryp en buite toe geruk. Ek het nie die volgende dag teruggegaan nie. Ek gaan nie die kans waag om weer rondgepluk te word nie.”

Pretorius het gesê sy en haar verloofde beplan om einde Januarie te trou.

“Ek het Donderdag ’n brief van die dorpsraad ontvang dat ek twee weke het om uit die dorp te trek. Volgens die brief het ek drie maande verblyfreg gehad, maar het ek nie die reëls nagekom nie. Ek het nêrens anders om te woon nie. Daar is nie behuising in Orania nie, so wat moet ek doen?”

Die dorpsraad het Donderdagmiddag vergader en besluit dat Pretorius ’n reg op appèl het.

“Ek kan nou appelleer en redes aanvoer hoekom ek hier wil bly. Ek het nou nie meer werk nie en gaan steeds by my verloofde bly.

“Die polisie het vir my gesê dit is my adres en dit is waar hulle my gaan kom soek.”

Sy het gesê haar verloofde is baie ongelukkig oor die voorval.

“Die mense gun niemand ’n plekkie in die son nie. Ek het ook glad nie slegte taal gebruik nie.”

Mnr. Kobus van der Merwe, die dorpsbestuurder, het verduidelik dat die dorp ’n bepaalde etos het.

“Pretorius het nie ooreenkomstig dié etos opgetree nie. Ons het reëls en reëls bring orde. Sy het ’n argument met haar werkgewer gehad, maar dit gaan eerder oor haar taalgebruik. Ons kan ons nie uitspreek oor wat tussen haar en haar werkgewer gebeur het nie.”

Van der Merwe het gesê dit lyk nie of Pretorius aanpas in Orania nie. “Met die keuring onderteken alle inwoners ’n onderneming dat hulle die dorp se etos sal ondersteun en daarvolgens sal lewe.”

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |