Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Me. Rose Sanqela (79) soek antwoorde nadat haar dogter uit ’n venster van die Somerset-hospitaal gespring het.Foto: TARYN CARR
Me. Rose Sanqela (79) soek antwoorde nadat haar dogter uit ’n venster van die Somerset-hospitaal gespring het.   Foto: TARYN CARR
Nuus
Familie vol vrae ná vrou by hospitaalvenster uitspring
17/10/2008 10:59:18 PM - (SA)

Kaapstad. - “ ’n Mens gaan mos nie hospitaal toe om dood te gaan nie.”

Met dié woorde het me. Rose Sanqela (79), ma van die vrou wat Dinsdag in die vroeë oggendure by ’n venster van die sewende verdieping van die Somerset-hospitaal hier uitgespring het, haar ongeloof oor haar dogter, me. Xoliswa Nacanda (44), se dood uitgespreek.

Senqela soek nou antwoorde, want sy weet steeds nie wat dié dag gebeur het nie.

Volgens Senqela is Nacanda daghospitaal toe vir hoofpyn. Later het haar werkgewer haar na sý dokter gebring, waarna sy uiteindelik in die ongevalle-eenheid van die hospitaal beland het. Sy is bin­ne ’n week dood. TB-meningitis is glo by haar gediagnoseer.

“Hulle het gesê sy gaan regkom,” het Senqela gesê. “Sy was deurmekaar. Sy het slange gesien.”

Luidens die brief aan die huisdokter van haar werkgewer was sy in ’n psigotiese toestand en het sy hallusinasies gehad.

Me. Faiza Steyn, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het gesê die Somerset-hospitaal is nie ’n psigiatriese hospitaal nie. Sulke pa­siënte word 72 uur lank waargeneem.

“Die pasiënt is gestabiliseer en het geen psigotiese neigings getoon toe sy verskuif is nie.”

Volgens me. Theresa Nacanda, suster van die oorledene, is haar suster verlede Saterdag na die Somerset-hospitaal geneem omdat haar toestand versleg het. Dinsdag is sy eers na ’n saal op die sewende vloer geneem, waarna sy glo by die venster uitgespring het.

Hospitaalowerhede noem dit selfmoord, maar die familie sê dis nalatigheid. “Waar was die verpleërs? Hoekom was daar niemand om te kyk nie?” wou Senqela weet.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |