|
|||||||||||
|
| VIND: |
Nuus
Steve se boek krap al om nog vóór bekendstelling
05/10/2008 10:16:13 PM - (SA)
Die sanger-akteur Steve Hofmeyr se outobiografie, Mense van my asem, is nog nie eens op die winkelrakke nie of dit is reeds omstrede.
Dié boek word vandag tydens ’n spoggeleentheid op ’n wildplaas buite Pretoria bekendgestel. Verskeie sangers en Blou Bul-rugbyspelers sal die bekendstelling bywoon. Die boek sal die naweek te koop wees.
Gister reeds het die musiekpromotor Louis van Wyk, wat jare lank Hofmeyr se bestuurder was, Hofmeyr gekap oor stellings in die boek. Van Wyk het na aanleiding van naweekberigte gesê dat Hofmeyr “nie heeltemal eerlik is oor sy lewe nie”.
Oor ’n opmerking van me. Janine van der Vyver, Hofmeyr se gewese minnares, dat Hofmeyr se stellings oor haar in sy boek daarop dui dat hy “ernstig aan geheueverlies ly”, sê Hofmeyr: “My geheue is die hoogtepunt van my boek en ek is jammer as dit vir iemand ongemak bring”.
Hofmeyr het bevestig dat sy vrou, Natasha, “baie min van die boek goedgekeur het”.
“Dit sou oneties van my wees om soveel goed uit die boek weg te laat.
“Ek balanseer al my lewe lank privaatheid teenoor openbare ‘besit’ – in my boek ook.
“Mense gaan teleurgesteld wees oor hoe min ek beledig.
“Hoe vermy ’n skrywer egter die subjektiewe in sy eie memoires?” het hy gevra.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |