Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Motlanthe waarskynlik in stoel
22/09/2008 02:40:17 PM - (SA)

Lekkasies uit die ANC-koukus wou dit Maandag hê dat pres. Thabo Mbeki nie gaan bedank nie maar bloot ’n waarnemende president vir die volgende dertig dae sal aanstel. Dit sal luidens dié gerugte mnr. Kgalema Motlanthe, ANC-onderleier, wees.

Dit is uit vrees vir verdeeldheid in die ANC-koukus in geval van die verkiesing van ’n president deur geheime stemming in die Nasionale Vergadering. As die verdeeldheid opgelos word, kan ’n nuwe president aangewys word.

Indien nie, sal die grondwetlike bepaling van krag word dat die speaker van die Nasionale Vergadering, me. Baleka Mbete, waarneem vir 90 dae voor ’n verkiesing, wat dus laat in Januarie sal moet plaasvind.

Mnr. Jacob Zuma het Maandagmiddag omstreeks 12:30 op ’n nuuskonferensie in Johannesburg in dieselfde rigting gepraat, maar het nie bevestig dat Motlanthe wel sal waarneem nie.

“Ek is daarvan oortuig, indien hy die taak opgelê word, hy goed opgewasse sal wees daarvoor,” het Zuma gesê.

Die name van die kandidate wat oorweeg word sal in die parlement bekend gemaak word “op die geskikte tydstip”.

Zuma het voorts gesê die ANC, sowel as die parlement, sal seker maak dat die kies van ’n nuwe president so spoedig moontlik sal plaasvind.

Kommentaar


President 9/22/2008 12:38:00 PM
Ons sal Thabo baie mis. Hy was verskriklik die beste president wat ons ooit gehad het. Hy het baie gedoen vir die land. Mag die beste leier gekies word.
-Eugene Terreblance


Thabo 9/22/2008 12:43:00 PM
Thabo MBeki was meer geinterseerd oor die buiteland as oor Suid Afrika
-Vezetbe


9/22/2008 12:52:00 PM
Ek dink Mnr Mbeki het baie bereik, so ons moet dankbaar wees vir dit. Dan wil ek ook byvoeg of komentaar lewer op dit wat Vezetbe te se het... U moet onthou dat 'n Land word nie deur 'n President bestuur nie, dis waarom hy ;n kabinet aanstel. Wie dan werk en toesig hou oor verskeie departamente. So Ons mense moet dit nooit vergeet nie, dat ons President moet ons verteenwoordig in ander lande.
-Neels Van Niekerk


ai! 9/22/2008 12:52:10 PM
wat 'n aapstorie!
-apie


President 9/22/2008 12:53:36 PM
Ons as SA Volk vergeet so maklik die diep gewortelde spreekwoorde / waarhede uit die verlede.
Onthou....die wiel draai. Die speke wat vandag onder is (of bo) kom weer bo (of onder).
En... Moenie aan ander doen (of van hulle sê) wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie...
En... Ons dink ons het die reg omn te sê wat ons wil maar die Bybel sê "dit is wat uit die mond uitgaan wat jou onrein maak omdat dit uit die "onrein" hart kom.(Matt 15: 18 / 19)
Kom ons bid vir die regering
-Wilson


President 9/22/2008 12:57:57 PM
Ek stem saam met Neels al is hy 5 keer per week uit die land, hy moet ons as ,n land se belange sterk op die hart dra. En dit is wat hy ten alle tye gedoen. Moenie laat ons neer kyk op wat hy nog nie bereik het nie.. ek dink in my opinie het hy wel gevaar. En mag God die almagtige Vader Hom en sy Familie seen.
-Kobus Louw


Mr Mbeki 9/22/2008 1:20:27 PM
Ai, dit is regtig jammer dat dit met hom gebeur het. Ek stem saam met die meeste mense hierbo... Mnr Mbeki was 'n goeie leier. Al wat ek wil weet is, wie of wat gee die ANC se jeugleier die reg om kwyt te raak wat hy al reeds kwyt geraak het? Hy is nog 'n blote kind in vergelyking met Mr Mbeki.
-Zané


Thabo se NANC 9/22/2008 1:22:54 PM
Stig nou asb 'n NANC Party (i.e. New Anc Party) sodat ek vir julle kan stem. Ek bid vir ons almal se uiteindelike veiligheid en vrede in SA te midde van soveel arrogansie en bitterheid. Ten minste het Thabo groot aanhang en die NANC (klink soos 'n 'DROOG'skoon?maker se naam!) sal baie steun kry, watch this space.
-bitterbek


SA se toekoms 9/22/2008 1:23:04 PM
Ons land is al deur baie moeiliker en onseker tye. Byt vas, dinge is nie so erg nie, ons gaan ons kop lig. ANCYL se blaf is ook erger as sy byt. Ignoreer hul invloed.
-roots


Thabo Mbeki 9/22/2008 1:43:03 PM
Beste Thabo, Dankie vir die stylvolle manier waarop jy altyd opgetree het!!! Daar is mense wat dit raakgesien het en waardeer!!! Mag dit net goed gaan met jou en jou dierbare vrou, Zanele!!! Groete, Annette (Stellenbosch)

-Annette


President 9/22/2008 1:55:48 PM
Kom ons probeer dink hoe 'n regering sal wees met die volgende ouens: Malema, Vavi en Blade Nzimande. Dit stuur rillings deur my ligaam.
-jislaaik


Shame 9/22/2008 2:01:21 PM
Wat n klomp twak kan mense nie kwyt raak nie. Dit nogal van Stellenbosch. Die plek met die slimste mense met die dompste optrede. Jammer, wat jy saai sal jy maai. Hierdie klomp tweegat jakkalse. Dit is nou n tyd om vir die land en die mense en die nuwe president te bid en n tyd om saam te staan anders gaan daar niks stylvol meer oor wees nie. Wees maar nederig, iets wat ons almal kan leer, want die dag as jy val, val jy verby die mense op wie jy getrap het. So, sy eie mense het hom verneder voor sy eie mense agv ego's.
-JJ


Ons Speel 9/22/2008 2:21:06 PM
So what. Volgens my hoef die land nie 'n president te he nie, dis net 'n mag spel. Soveel beloftes en soveel niks. Die volgende en volgende ou gaan dit ook wees. Solank die geld inrol, no problem. Mbeki is ruggraatloos en het nooit standpunt omtrent enigiets ingeneem nie.
-Ai!!!


Een groot sirkus.... 9/22/2008 2:28:00 PM
Ek's tans woonagtig in die UK, en my hond hang oop as ek lees van die chaos wat tans heers met SA se politiek.
From bad to worse... Wolf het bedank as president en jakkals (Zuma) word die nuwe een.
As een president reken VIGS is apartheid se skuld, en die nuwe president reken 'n lekker stort gaan VIGS voorkom, het ek GEEN respek vir een van die twee nie.
O ja, en kan iemand asseblief Malema se gevreet uitmekaar skop? Daardie persoon sal SA 'n groot guns bewys. 'n Japsnoet soos Malema het geen seggenskap (of kundigheid) oor wat in die regering moet gebeur of aangaan nie.

...En dan wonder almal nogsteeds hoekom bekwame, gekwalifiseerde blankes emigreer...?
-Baas Hill


Wat 'n sirkus 9/22/2008 2:59:57 PM
Ons sal van nou af deur 'n sirkus regeer word. Die eendag sê Mlema dit en die ander dag sê Matashe dit en Dan sê Vavie dit. Wie kyk dan nou na die behoeftes van die gemeenskappe.Wie kyk dat dienslewering plaasvind. Die hele Mbeki en Zuma aangeleentheid sal vorentoe baie nadelige gevolge inhou vir die land en selfdienslewering. Ons wil nie en moet nie toelaat dat ons land deur onbekwaame en arrogante leiers bestuur word nie. Sommige van hulle is net daar vir 'n stewigebankrekening. Kyk hoe boks Dan Kotze en Skwatsha word met mes gesteek.

Onafhanklike Demokrate/Overberg
-Arnie


President 9/22/2008 3:11:36 PM
Kgalema of dilemma?
Dit bly 'n groot gemors, maar dit behoort niemand te verbaas nie. Miskien net diegene wie nie eens teenoor hulself kan erken dat hulle die verkeerde perd (of trop perde) gekies het nie.
Leef rustig voort in La-La land.
Die harde feite is daar as julle bereid id om daarna te kyk. Mbeki se tyd was lankal verstreke.
Maar......nou het julle 'n flou donkie veruil vir 'n perd van 'n ander kleur - 'n leier wat deur die massas gelei word.

-Bolander


President 9/22/2008 3:51:19 PM
Is die mense in die ANC almal mal?
Hoe kan hulle die ou bokbaard nou president maak? Geen mens kan sy naam of van uitspreek nie! Maak liewers iemand president wat 'n naam het wat die buitelandse omroepers ook kan uitspreek asseblief. Dit gaan mos nie die kwaliteit verander nie. Hulle is almal mos maar 'n klomp bobejane en die een is so goed (of sleg) soos die volgende!
-Nico


ANC Testeraars 9/22/2008 3:54:15 PM
Die ANC is nie meer 'n bevryder nie, maar 'n teisteraar van die volk. Mbeki se politieke god was die internasionale arena. Zuma se god is almal wat hom napraat en veral die kleuterskoolskollie, Malema. Laasgenoemde se god is dit wat Zuma hom "skuld".
-Hugo G


Wat 'n sirkus 9/22/2008 4:13:18 PM
Ek is baie bly dat Thabo bedank het, dit is die beste ding wat hy in sy twee termyne gedoen het. Dis jammer dat ons pragtige land nou nog met 'n sirkus vir 'n regering moet sit, asof ons nie al klaar genoeg probleme het nie. Die volgende president moet 'n hervormingsplan saamstel en sorg dat dit deur gevoer word. Geweld, HIV/Vigs, Armoede en werkloosheid, die krag krisis en korrupsie moet aandag kry en gestop word.
-Jacques T


Sterkte Pres. Mbeki 9/22/2008 4:16:46 PM
Wil net Pres. Mbeki sterkte toewens. U was 'n uitstekende President en het u goed gekwyt van u taak ten spyte van als. Viva Cmde Thabo Viva!!!!

-JS


Wat is in `n naam 9/22/2008 5:00:36 PM
Nico sedert wanneer bepaal die uitspreek van `n van of jy kwaliteite as `n leier kan openbaar.Ek aanvaar as jou van Botha is , is jy `n gebore politikus.Terloops voor al die bobbejane in Europa uitgeroei is het `n paar oor die res van die wêreld gevlug en watter gemors is dit reg oor die wêreld.
-pieter


Pik optimisties! 9/22/2008 6:30:10 PM
Hoe mis n mens n president wat niks gedoen het nie? Mbeki se probleem is dat hy nooit regtig in voeling was met sy mense nie, hy het in die buiteland mens geword en moes daar bly. Wens Pik Botha kon die ANC help, hy het soveel kennis om te deel.
-Tatambeki


 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |