Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die huis waar die 63-jarige mnr. Withan Lloyd Dinsdagmiddag dood aangetref is, heet Tranquility. Foto: JAN GERBER
Die huis waar die 63-jarige mnr. Withan Lloyd Dinsdagmiddag dood aangetref is, heet Tranquility.    Foto: JAN GERBER
Nuus
Man in sy Wildernis-spoghuis vermoor
04/09/2008 02:07:23 AM - (SA)

Wildernis. - Die liggaam van ’n 63-jarige man is vier dae nadat hy die laaste keer gesien is, in sy huis genaamd Tranquility gevind.

Mnr. Withan Lloyd is Dinsdag omstreeks 14:15 met sy hande met kabelbandjies agter sy rug vasgebind, in sy spogwoning in Derde Laan gevind.

Die polisie het dié grusame vonds gemaak nadat Lloyd se bure agterdogtig geraak het. Hy is Vrydag laas gesien.

’n Buurman van Lloyd, wat anoniem wil bly, het gesê hy het onraad vermoed nadat Lloyd se bakkie geruime tyd daar geparkeer was. Hy het na Lloyd se huis gegaan. “Alles was gesluit en die plek was deurmekaar.”

Hy het die polisie ontbied en was by toe die liggaam gevind is.

“Dit was ’n baie lelike gesig. Hy het baie sleg gelyk.”

Luidens ’n polisieverklaring is daar geen wonde aan Lloyd se liggaam nie, maar misdaad word vermoed omdat dit voorkom asof die huis geplunder is. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

“Dit is regtig ’n groot skok vir ons. Hierdie goed gebeur nie in Wildernis nie,” het me. Hettie van der Westhuizen, ’n buurvrou, gesê. Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, het gesê daar was “baie lank gelede” laas ’n moord in Wildernis.

Van der Westhuizen het gesê Lloyd het sedert April permanent in Wildernis gewoon nadat hy sy steenmakery-onderneming in Port Elizabeth verkoop het. Hy het ’n dogter wat in Australië woon.

Lloyd het ook ’n vriendin, maar sy kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

Sy buurman het hom as ’n “stil ou” beskryf. “Jy’t nie van hom geweet nie.”

Forensiese deskundiges en polisiebeamptes was gister nog doenig by Tranquility – naby die huis van mnr. Ray Flanagan (79), wat onlangs in die Outeniekwaberge vermis geraak het, en die ontslape oudpres. PW Botha se voormalige huis De Anker.

Die eenhede vir misdaad-intelligensie en misdaad-inligtingsanalise het kragte saamgesnoer. Volgens Pojie is daar reeds inligting opgevolg en mense is al ondervra.

“In die stadium is daar niemand wat met die misdaad verbind kan word nie,” het hy gesê.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, speurder-insp. Klippies Theron, by 044 803 4762 te bel.

Die begrafnisreëlings is nog nie getref nie.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |