Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
566 dae tot afskop
2010
WEER Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY GLITZ VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Pres. Levy Mwanawasa van Zambië het gister in ’n Franse hospitaal beswyk nadat hy in Julie ’n beroerte gehad het. Hier is hy tydens die aflegging van sy ampseed op 3 Oktober 2006.Foto: REUTERS
Pres. Levy Mwanawasa van Zambië het gister in ’n Franse hospitaal beswyk nadat hy in Julie ’n beroerte gehad het. Hier is hy tydens die aflegging van sy ampseed op 3 Oktober 2006.Foto: REUTERS
Nuus
Pres. Mwanawasa sterf in Parys ná beroerte
20/08/2008 02:16:09 AM - (SA)

Medis 24-Afrika kantoor. - Pres. Levy Mwanawasa (59) van Zambië is gister in ’n Paryse hospitaal dood ná ’n beroerte sowat agt weke gelede in Egipte.

Mwanawasa was ’n hervormer by uitstek. Sedert sy verkiesing in 2001 het hy ’n ongenaakbare veldtog teen korrupsie in Zambië van stapel laat loop. Sy eerste teiken was ’n voorganger, mnr. Fredrick Chiluba.

As staatshoof het Mwanawasa ongekende buitelandse beleggings na sy land gelok. Hy het ook daarin geslaag om nuwe lewe te blaas in die land se inkomste uit koper deur veral die Chinese mark te betree.

Toe die nuus die oggend van 30 Junie die Afrika-unie (AU) se spitsberaad in Sjarm el-Sjeich bereik dat Mwanawasa ’n “katastrofiese beroerte” gehad het, het die AU-leiers geweet dat pres. Robert Mugabe ’n nuwe lewe gegun is.

Terwyl Mugabe homself die vorige dag, Sondag 29 Junie, inderhaas laat inhuldig het ná die chaotiese eenmanverkiesing van twee dae tevore, was Mwanawasa hard aan die werk om te verseker dat Mugabe ’n vyandige ontvangs op die AU-beraad op die Egiptiese kusdorp te beurt val.

Verskeie AU-staatshoofde – onder wie die presidente van Tanzanië, Botswana, Nigerië, Rwanda, Ghana, Senegal, Liberië, Kenia en Uganda – was bereid om Mwanawasa te volg in die skerpste veroordeling tot nog toe van ’n AU-leier.

Die nuus van Mwanawasa se beroerte was egter een te veel vir die groep wat bereid was om agter hom te staan.

Slegs Botswana en Nigerië, teenoor die stilswye van die res, het voortgegaan met hul eis dat Mugabe uit alle AU-forums geskors word.

Die uiteinde was dat Mbeki daarin geslaag het om ’n resolusie deurgevoer te kry wat hom en Mugabe in staat gestel het om tyd te koop om ’n steeds ontwykende skikking oor ’n regering van nasionale eenheid na te streef.

    
VIND
Braai-eenhede
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Braai-eenhede
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |