Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
566 dae tot afskop
2010
WEER Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY GLITZ VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die internasionale model Minki van der Westhuizen, ’n familielid van die vermoorde mnr. Schalk en mev. Marie van der Westhuizen, van Kleinmond, troos Saterdag haar neef SW (sy oorlede oupa se voorletters) Strauss, van Karasburg, by sy oupa en ouma se begrafnis. Die egpaar is Saterdag begrawe nadat hulle verlede Sondagaand in hul huis vermoor is.Foto: EDREA CLOETE
Die internasionale model Minki van der Westhuizen, ’n familielid van die vermoorde mnr. Schalk en mev. Marie van der Westhuizen, van Kleinmond, troos Saterdag haar neef SW (sy oorlede oupa se voorletters) Strauss, van Karasburg, by sy oupa en ouma se begrafnis. Die egpaar is Saterdag begrawe nadat hulle verlede Sondagaand in hul huis vermoor is.   Foto: EDREA CLOETE
Nuus
Kerk stampvol met roudiens
10/08/2008 10:49:19 PM - (SA)

“Ons weet God huil saam met ons oor hoe hulle gesterf het, maar glimlag oor hul lewe,” het ds. Barry Lordan Saterdag in die roudiens vir die vermoorde egpaar Van der Westhuizen gesê.

Die NG kerk Kleinmond was stampvol. Selfs nadat stoele ingedra is, het mense staan-staan na die diens geluister.

Mnr. Schalk (78) en mev. Marie van der Westhuizen (73) is verlede Sondagaand, op mev. Van der Westhuizen se verjaardag, in hul huis in Negende Laan doodgesteek.

Lordan het vertel van hul groot liefde vir mekaar en hoe mev. Van der Westhuizen altyd geglo het sy het die mooiste man in Kleinmond.

Die foto op die begrafnisbrief van die glimlaggende egpaar in ’n omhelsing, is gedurende die diens ook bo die kansel teen die muur geprojekteer.

Ds. Schalk van Wyk het die roudiens gelei en met ’n lewenskets begin.

Hy het vertel hoe mnr. Van der Westhuizen as elektrisiën opgelei en in die eertydse Noord-Rhodesië in Kitwe op ’n kopermyn gaan werk het. Daar het hy sy vrou, wat daar skoolgegaan het, op ’n volkspele-geleentheid ontmoet.

Hulle het later ’n draai in Riebeek-Kasteel gemaak, na Noord-Rhodesië teruggekeer en in 1996 vir goed na Suid-Afrika gekom. Op die plaas Uitkyk in die Witsenberg-omgewing het hy die masjinerie in stand gehou en sy die boekhouding behartig voordat hulle in Kleinmond afgetree het.

Haar man het ná sy aftrede sy stokperdjie – die maak van kinderspeelgoed – in ’n werk omskep.

Mev. Van der Westhuizen was ’n ouderling in die kerk en verlede Sondag het dit hom opgeval hoe haar gesig tydens die nagmaal gestraal het, het Van Wyk gesê.

“Bewaar ons van die bose” beteken nie dat die bose “nie sy hande na ons uitsteek en na ons gryp of ’n mes in ons inkap nie”, het hy aan die hand van Matteus 6:13 gesê.

Hy het die Russiese skrywer Aleksander Solzjenitsin aangehaal as dat die lyn tussen goed en sleg nie tussen state, klasse of politieke partye loop nie, maar deur ’n mens se hart.

Die oomblik as ’n mens begin wraak neem, speel jy in die duiwel se hande.

Toe ’n vorige keer by hul motorhuis ingebreek is, het mev. Van der Westhuizen gesê sy vergewe hulle.

“Iemand het gesê sy is seker dit is die woorde waarmee sy op haar lippe gesterf het.”

    
VIND
Braai-eenhede
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Braai-eenhede
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |