Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 14º / 22º | Worcester 9º / 23º | George 12º / 21º | Port Elizabeth 12º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Johan Prinsloo
Johan Prinsloo
Nuus
Rugbyhoë viktimiseer glo getuies
06/07/2008 11:07:37 PM - (SA)

Johan Prinsloo, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), word nou ook daarvan beskuldig dat hy diegene viktimiseer wat teen hom in ’n interne ondersoek na seksuele teistering getuig het.

Prinsloo is in 2005 ná ’n interne ondersoek deur SA Rugby onskuldig bevind, maar daar word nou beweer dat daar ­ongerymdhede in dié ondersoek was.

Die klaer, Lindsay Williams, het hom sedertdien tot die Kaapse hooggeregshof gewend met die saak waarin hy R400 000 van Prinsloo en SA Rugby, as die tweede verweerder, eis.

Williams beweer dat Prinsloo hom tussen Oktober 2004 en Augustus 2005 in sy kantoor in Nuweland, Kaapstad, seksueel geteister het.

Daar word nou binne Saru beweer die destydse ondersoek is “toegesmeer” om Prinsloo te beskerm. Die dienste van die regsfirma wat aanvanklik die saak ­behartig het, is glo opgeskort toe SA Rugby se werknemers teen Prinsloo getuig het.

Mark Alexander, Saru se waarnemende president in die afwesigheid van Oregan Hoskins, sê hy is onbewus van die aantygings dat daar teen sekere personeellede gediskrimineer word.

“Dit is die eerste keer dat ek daarvan hoor. Dit is ’n ernstige aantyging en Saru sal agter die kap van die byl moet kom.

“Die feit dat ons die tweede verweerder is, stel ons in ’n swak lig. Ons gaan aanvra dat die verslag wat by die hof ingedien is, aan ons beskikbaar gestel word.

“Ons mag hom dalk vra om verlof te neem terwyl die saak sy koers loop. ­Sover ek weet, is daar nog nie op ’n datum besluit wanneer die saak aangehoor sal word nie,” sê Alexander.

Volgens hom sal Saru weer intern na die saak kyk. “Ons sal beslis na die saak moet kyk wanneer die president uit Australasië terugkeer.”

Prinsloo was gister nie vir kommentaar beskikbaar nie, maar dit wil al hoe meer lyk asof sy termyn by Saru vanjaar tot ’n einde gaan kom.

Saru is juis besig met grootskaalse herstrukturering en het reeds besluit om sy beroepsarm, SA Rugby (Edms.) Bpk., tot niet te maak.

In die nuwe bestel sal daar net vir ’n uitvoerende hoof of besturende direkteur plek wees en nie vir albei, soos op die oomblik die geval is, nie.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se winter- en lenteskole. Skryf nou in vir Die Burger se Vakansieskole.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
341 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |