Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Thorn móés geel kaart kry
07/07/2008 12:43:03 AM - (SA)

WELLINGTON (Nieu-Seeland). – “As ek die insident ten volle gesien het, sou ek ’n geel kaart gegee het.”

Só het die Australiese skeidsregter Stuart Dickinson gister gereageer op ’n ­navraag van Die Burger oor die voorval waarin die All Black-slot Brad Thorn in ­Saterdag se Drienasies-rugby­toets ’n laat boorvat op die Springbok-kaptein, John Smit, uitgevoer het.

Dit het in die sesde minuut gebeur nadat Dickinson sy fluitjie geblaas het vir ’n gevaarlike duikslag deur die All Black-flank Adam Thomson op die Bok-heelagter, Conrad Jantjes.

Smit se lies is beseer en hy moes die veld in die 38ste minuut verlaat.

Dit is onwaarskynlik dat hy betyds fiks sal wees vir die tweede toets Saterdag teen die All Blacks op Carisbrook in Dunedin.

Thorn is uitgewys en gister in ’n tugverhoor aan onsportiewe gedrag skuldig bevind. Hy is vir een wedstryd geskors.

Nóg Dickinson nóg sy grensregter het egter die insident ten volle gesien, en daarom het hulle Thorn nie van die veld gestuur nie.

Nietemin was dit ’n belangrike oomblik in die wedstryd, want die All Blacks het vroeg hul stemme veral voorlangs dik gemaak. Dit is onwaarskynlik dat hulle dieselfde tipe momentum sou kon kry as Thorn tien minute in die koelkas was.

“Ek het na links gekyk om ’n speler op te tel vir die hoogvat.

“Net toe ek na regs kyk, was John Smit in die lug. Ek het nie gesien hoe hy geland het nie,” het Dickinson gesê.

“Die grensregter se sig is ook deur spelers se liggame geblok. Hy het hom sien opgaan en afkom, maar nie sien land nie. Ek het nou die kykweer gesien en sou ’n geel kaart gegee het indien ek als gesien het.”

Dickinson het erken hy het ’n fout gemaak deur in die 58ste minuut nie aan Nieu-Seeland ’n drie toe te ken nie.

Dit het gelyk of die All Blacks se agtsteman, Jerome Kaino, sy tweede drie gedruk het ná ’n skitterende skoppie deur die losskakel, Dan Carter. Dickinson het beslis dat Kaino voor die skopper en dus onkant was.

“Die onkantroep was myne en verkeerd,” het Dickinson gesê.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |