Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Dié woonstelblok in Joe Slovo, Langa, was omring met water ná die swaar reën wat die naweek in die Kaap geval het. Foto: YUNUS MOHAMED
Dié woonstelblok in Joe Slovo, Langa, was omring met water ná die swaar reën wat die naweek in die Kaap geval het.    Foto: YUNUS MOHAMED
Nuus
Storms eis drie, derduisende dakloos
07/07/2008 12:08:08 AM - (SA)

Die verwoestende reën oor die Skiereiland heen het die naweek minstens 10 000 inwoners van 23 informele nedersettings in die Kaapse metropool dakloos gelaat en drie lewens geëis.

Die Kaapse rampbestuur het gesê 3 600 strukture het dié naweek verspoel.

Twee mense het verdrink toe hulle ’n vol rivier probeer oorsteek het.

Meer reën is luidens ’n nasionale waarskuwing van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in die volgende 24 uur te wagte.

Hoewel die Boland en Overberg nie so erg onder die weer deurgeloop het nie, is 12 gebiede in die Kaapse metropool as ­hoërisiko-gebiede geïdentifiseer.

Mnr. Reinard Geldenhuys, hoof van die brandweer en rampbestuur vir die Overbergse distriksmunisipaliteit, het gesê hulle het Saterdagaand reën gehad, maar nie swaar nie. Redding- en duikspanne is egter gereed, berig Ema Buffel.

Die twee mans wat weens die gure weer dood is, het Saterdagnag in die Boontjiesrivier in Citrusdal verdrink. Dié twee en ’n derde man, wat daarin geslaag het om die plaas Vlakrugte veilig te bereik, wou die rivier na bewering oorsteek.

Reddingswerkers het Sondagoggend vroeg die lyk van een van die mans uit die rivier gehaal.

Teen druktyd het reddingshonde en lede van die polisie se duikeenheid nog na die tweede man gesoek. Hul identiteit is nog nie bekend nie.

Volgens ’n inwoner van Citrusdal was die reënval daar teen gistermiddag 104 mm, berig Carryn-Ann Nel.

Intussen het ’n ongeluk by die R44 naby Kogelberg Sondagoggend vroeg die lewe van ’n 35-jarige man geëis.

Me. Merle Lourens, ’n woordvoerder van die verkeersafdeling, het gesê: “Dit wil voorkom asof die motor gegly het, die bestuurder beheer verloor en in die berg vasgery het.” ’n Vyftienjarige meisie is ook in die ongeluk beseer. Die name was teen druktyd nog nie bevestig nie.

Sedert Donderdagaand is 45 ongelukke in die Skiereiland aangemeld, waarvan 10 gister plaasgevind het.

Verskeie van die Kaap se besigste paaie is ook weens die gure weer gesluit. Die M5-snelweg, Racecourseweg, Tafelbaai-boulevard en dele van die M3-snelweg was sedert Sondagoggend vroeg oor kort gedeeltes gesluit. Die pad tussen Constantianek en Constantiaweg was ook gister vir verkeer gesluit weens modderstortings.

In Moorreesburg, waar 37 mm reën die naweek geval het, is mense wat teen die rivier woon, gisteroggend verwyder.

Mnr. Simon Grindrod, OD-burgemeesterskomiteelid vir ekonomie en toerisme, het gister gevra dat die Wes-Kaapse premier, mnr. Ebrahim Rasool, noodfinansiering beskikbaar stel om dakloses te help. Hy gaan ’n dringende burgemeesterskomiteevergadering aanvra om die moontlikheid van nog hulp aan slagoffers te bespreek.

Twaalf hoërisiko-gebiede is geïdentifiseer as gebiede wat moontlik kan oorspoel: Kosovo en Sweet Home in Philippi; TL-, CT-, QQ-seksie en die Barney Molo­kwana-gebied in Khayelitsha; Masiphumelele naby Kommetjie; Lotuspark, Kanana en New Rest in Guguletu; Doornach in Table View en Gqobasi in Nyanga.

Mnr. Michael Jacobs, van die Rooi Kruis-vereniging, het gesê sedert Donderdagaand deel hulle onverpoos komberse en kospakkies in vloedgeteisterde gebiede uit.

Die Kaapse damme lyk goed, volgens mnr. Farouk Robertson, woordvoerder van die water-en-sanitasiedepartement.

Die Kaap se vyf grootste damme, die Steenbrasdam (bo en onder), Wemmershoek-, Voelvlei- en Theewaterskloofdam, is almal tussen 75% en 80% vol.

Dit vergelyk goed met die 77% van dieselfde tyd verlede jaar.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |