Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 14º / 22º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 21º | Port Elizabeth 12º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
WEERHAAN: Sneeu en nog reën op pad
06/07/2008 11:11:59 PM - (SA)

Sneeu is ons voorland! En gepaard daarmee nóg reënbuie oor die hele Wes-Kaap heen. Sterk reën word ook vir die res van die land voorspel.

Dan is daar boonop die vooruitsig dat die koue krane wat met die Suidpool verbind is, steeds wawyd oop is.

Die sinoptiese kaart wys vandag dat die koue lug steeds noord mik en teenoor die Richtersveld binneland toe swaai.

Dit is ’n baie wye draai – wat die wolke teen môre swaar genoeg maak om sneeu oor die Noord-Kaap, Klein-Karoo en die Grabouw-berge te laat val. Woensdag loop Worcester en Oudtshoorn ook onder die sneeu deur.

En om alles te kroon, hang die twee hoogdrukselle daar rond asof iemand hulle vergeet het.

Die sinoptiese prentjie is vandag dalk vir baie mense nie mooi nie, maar dit is vir landbouers beslis die beste nuus in jare. Suid van die Oranje praat boere van die eerste normale winter in jare. Een oupa sê ons moet ’n goeie winter hê, want dan word al die peste en plae gratis, vry en verniet uitgeroei.

Sê dankie vir die weer, want ’n vrugbare somer is voor die deur.

Wat is die amptelike stand? Weerhaan se sonkaart wys dit is vandag oor presies ’n maand lente. En dit is amptelik. Die modebase sit reeds oorgehaal om hul somerrokkies te adverteer.

Dit is verwarrend, sê skipper Piet Kortman, van Kalkbaai, want vir hom is dit winter as dit drie dae aanmekaar reën. Nog nie gesien dit reën ’n hele week aaneen nie.

Die weerkantoor kan te midde van al die tekens nie anders nie as om sy waarskuwing van vloede en bittere koue te herhaal.

Slegte nuus vir die dakloses!

    
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se winter- en lenteskole. Skryf nou in vir Die Burger se Vakansieskole.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
341 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |