|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
![]() Die Egoli-akteurs Corine du Toit en Marlon Roelfze. Amor en Joost van der Westhuizen in hul seeblou JJ Schoeman-uitrustings. Foto’s: CORNEL VAN HEERDENDie voormalige Mej. Suid-Afrika Claudia Henkel en haar suster, Anica, spog met hul uitrustings. Die komediant Leon Schuster by twee Mr Bones-karakters.
Nuus
Sterre skitter op July-glansdag
06/07/2008 11:24:07 PM - (SA)
Wit plakkies met silwer detail en ’n wit broek en ’n blou satynhemp.
Met dié uitrusting het Joost van der Westhuizen Saterdag op die rooi tapyt by die Vodacom Durban July gepronk.
Hy en vroulief, Amor, is deur die ontwerper JJ Schoeman volgens vanjaar se seetema getooi.
“Ons het aangetrek soos ons sou aantrek as ons op die strand sou trou,” het Amor gesê.
Volgens Joost was die wit plakkies haar idee. Hy is mal daaroor.
Die twee het dieselfde aand teruggevlieg huis toe om by hul kroos te wees.
“Ons het oesters geëet en sjampanje gedrink. Die hele dag was vir ons soos ’n date. Ons kry nie meer baie kanse vir dates nie,” het sy gesê.
Claudia Henkel, voormalige mej. Suid-Afrika, en haar sussie, Anica, is vanjaar die tweede keer saam July toe.
Claudia het vanjaar ’n kort rokkie met goue detail gedra.
“Nog elke jaar het ek iets uitspattigs aangetrek. Vanjaar wou ek iets kalmers doen.”
Haar suster het ligte naaswit cowboystewels by ’n blou satynrokkie gedra. “Ek hou van hoe dit eintlik nie bymekaar pas nie.”
Party mense gaan July toe vir die perde, ander gaan om aan te trek.
Leon Schuster sê hy het nie die July vir die perde óf die modes bygewoon nie. Hy het promosiewerk vir sy nuwe rolprent Mr Bones 2 kom doen.
“Ek is mos nie een vir uitspattig aantrek nie. Daarom het ek maar my ou swart broekie en my Madiba-hempie aan.”
Die Tsotsi-ster Presley Chweneyagae het sy leerbaadjie by die huis gelos en opgedaag in ’n wit, appelkooskleur en koningsblou geruite pak met ’n appelkooskleur hemp.
Van die ander bekendes by die July was die TV-persoonlikheid Jeannie D, die sanger Yvonne Chaka Chaka, musikant Hugh Masekela, die SAUK se geskorste groephoof, adv. Dali Mpofu, Neels van Jaarsveld (dr. Gideon Basson van Binnelanders), Corine du Toit (Jane Edwards van Egoli), Tammy-Ann Fortuin, model en aanbieder van Roer op kykNET, en Marlon Roelfze (Shaun Gillion van Egoli).
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |