Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 19º | Worcester 9º / 21º | George 11º / 21º | Port Elizabeth 14º / 23º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Mnr. Piet Witness Foto: VERSKAF
Mnr. Piet Witness    Foto: VERSKAF
Nuus
Leraar steek man glo by kerk
30/11/2008 11:11:27 PM - (SA)

Die Sondagdiens van die VGK-gemeente in Ceres het nie gister plaasgevind nie, nadat ds. Billy Rayners, wat die diens moes lei, na bewering ’n ouderling van die kerk met ’n mes gesteek en nóg ’n lid omgery het.

Die voorval kom nadat Rayners glo geweier het om die ouderling, mnr. Piet Witness, aan die kerk voor te stel nadat Witness onlangs deur die kerkraad as ouderling verkies is.

Daar word beweer dat Rayners en Witness baie jare al nie oor die weg kom nie.

Insp. Bernadine Steyn, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat die voorval om 09:50 buite die kerk in Lyellstraat plaasgevind het.

Volgens mnr. Derrick Mouton, ’n familielid van Witness, het die voorval kort ná die kerk se weeklikse konsistorievergadering plaasgevind.

Op dié vergadering kry ouderlinge en lidmate die geleentheid om sake en probleme rondom die kerk aan te pak.

“Piet het toestemming van die hoofouderling gekry om die vergadering toe te spreek, maar toe sy spreekbeurt toegestaan is, het die dominee hom geïgnoreer,” het Mouton gesê.

Daar word beweer toe Witness aan Rayners versoek het om na sy saak te luister, het Rayners sy baadjie uitgetrek en Witness gedreig voordat hy die vertrek verlaat het.

Die vergadering is hierna verdaag en volgens die polisie het Witness voor die kerk gestaan toe Rayners in sy Toyota Yaris in Witness se rigting gery het.

“Die man (Rayners) het hom nie raakgery nie, maar wel ’n bystander,” het Steyn gesê.

Witness het toe die man wat omgery is, mnr. Frans Snyders, probeer ophelp.

“Die verdagte het toe uit sy voertuig geklim en die slagoffer (Witness) verskeie kere met ’n mes in die kop gesteek. Die slagoffer is in ’n plaaslike hospitaal behandel, maar is later ontslaan,” het Steyn gesê.

Snyders het aan Die Burger gesê hy verkies om nie kommentaar oor die voorval te lewer nie, aangesien hy nog onseker is of hy die voorval by die polisie gaan aanmeld.

Witness het wel reeds sy verklaring by die polisie afgelê en die polisie ondersoek ’n saak van aanranding met die opset om ernstige leed aan te doen.

Gemeenskapslede wat met Die Burger gepraat het, beweer dit is nie die eerste keer dat Rayners iemand probeer leed aandoen nie.

Ds. Chris Phillips, voorsitter van die VGK se Tulbagh-ring, waarvan Ceres deel is, het gesê hulle is bewus van die voorval.

“Ons is tans nie in die posisie om kommentaar oor die voorval te lewer nie, maar ek kan vir seker sê ons sal onmiddellike aandag aan die saak skenk, en dinge kerklik hanteer,” het hy gesê.

Toe Die Burger Rayners gistermiddag gebel het, het hy gesê: “Geen kommentaar nie”, en die foon neergesit.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se winter- en lenteskole. Skryf nou in vir Die Burger se Vakansieskole.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
341 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |