Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Zuma se lyding is soos Jesus s’n, verduidelik Vrystaatse partyleier
30/11/2008 10:44:55 PM - (SA)

Mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, word aan dieselfde soort lyding as Christus onderwerp, sê mnr. Ace Magashule, voorsitter van die ANC in die Vrystaat.

“Jesus is vervolg, Hy is name genoem en verraai. Dit is dieselfde soort lyding wat mnr. Zuma die afgelope tyd moes deurgaan, maar hy staan steeds sterk. Hy gee nie moed op nie,” het Magashule gister gesê.

Hy het by navraag ’n soortgelyke stelling verduidelik wat hy Vrydag aan ’n skare Zuma-ondersteuners gedoen het toe Zuma die appèlgeding van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) bygewoon het. Die NVG appelleer teen die uitspraak wat regter Chris Nicholson vroeër vanjaar in Zuma se korrupsieverhoor gemaak het.

Dit is die soveelste keer dat ’n ANC-hoë ’n Bybelse vergelyking met Zuma of die ANC tref.

Magashule het Vrydag in sy toespraak, wat grootliks in Sotho gelewer is, gesê hoewel Zuma allerhande vorme van vervolging moes verduur, het hy nooit die ANC verlaat nie.

Hy het gister gesê hy kan nie dink dat enigiemand ongemaklik sal wees met die parallelle wat hy tussen Zuma en Jesus tref nie.

“Hoekom sal dit mense ongemaklik maak? Ek is self ’n Christen. Daar is absoluut niks fout daarmee om sulke vergelykings te maak nie.

“Ek het nooit gesê Zuma ís Jesus nie. Hy kan nie Jesus wees nie. Ek het bloot die vergelyking getref tussen die soort vervolgings wat verduur moet word.”

Hy sê hy het die vergelyking ook gebruik om te verwys na mense wat die ANC verlaat.

“Jesus het tot 70 dissipels gehad, maar eindelik was daar net 12 oor. Mense beswadder Zuma. Wat wil hulle van hom hê? Hy het lankal om verskoning en vergifnis gevra vir wat hy verkeerd gedoen het.”

Hy het hiermee onder meer verwys na Zuma wat, nadat hy destyds onskuldig op ’n aanklag van verkragting bevind is, openbaar om verskoning gevra het dat hy onbeskermde seks gehad het.

Prof. André Duvenhage, politieke wetenskaplike van die Noordwes-universiteit, het gister in reaksie gesê stellings soos dié het ten doel om Zuma op die hoë morele grond te plaas deur ’n verband te tref tussen hom en ’n figuur wat wyd ’n hoë morele status het.

“Sy nabye ondersteuners wil só legitimiteit aan sy stryd verleen. Dit is ’n skeefgetrekte vergelyking. Jesus was nooit ’n politieke figuur nie.

“Daar is ook al gesê die ANC sal regeer totdat Jesus terugkom. Myns insiens lê daar egter nog heelwat struikelblokke vir Zuma voor en is dit geensins ’n uitgemaakte saak dat hy in 2009 president sal word nie.”

Prof. Hermie van Zyl, dosent in Nuwe Testament aan die Universiteit van die Vrystaat, het gesê die argument dat Jesus 70 dissipels gehad het wat tot 12 verminder het, is verkeerd.

“In die evangelie van Lukas word gepraat van ’n wyer kring volgelinge wat Jesus gehad het, maar nêrens word gesê hulle het verminder tot 12 nie. Die term ‘dissipel’ word eintlik gereserveer vir die 12 wat deurentyd by Hom was.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |