Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 14º / 22º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 21º | Port Elizabeth 12º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
En wat as Obama na Kaapstad wil kom?
21/11/2008 09:23:27 PM - (SA)

Die druk op die Kaapse 2010-span en ander organiseerders van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 neem by die dag toe.

Nie alleen stel die huidige ekonomiese situasie al hoe groter eise om infrastruktuur-projekte binne begrotings te hou nie, maar bedrysplanne moet nou opgestel en getoets word.

In die proses is daar moontlike scenario’s wat die organiseerders snags laat rondrol, volgens mnr. Pieter Cronjé, Kaapse 2010-woordvoerder, en mnr. Al-Ameen Kafaar, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke.

Hulle wil nie spesifieke voorbeelde noem nie, maar gee toe dat vir enigiets voorberei moet word, ook vir die volgende:

Stel jou voor Amerika en ’n Afrikaland dring deur tot ’n halfeindstryd in die Groenpunt-stadion – en pres. Barack Obama wil die wedstryd bywoon. ’n Dag voor die wedstryd land Airforce One, vergesel van drie vragvliegtuie vol veiligheidspersoneel en voertuie, in Kaapstad.

Derduisende Suid-Afrikaners en ander ondersteuners uit Afrika sak op die stad toe en die Amerikaners dring aan op toepaslike verblyf-, veiligheids-, vervoer- en ander logistieke reëlings.

Dit kan in ’n nagmerrie ontaard, maar elke moontlikheid moet in ag geneem word, sê hulle. Intussen bestaan die moontlikheid dat die Duitse span met 50 000 ondersteuners in 2010 sy basiskamp in ’n gholfoord by Kleinmond wil vestig, terwyl die Engelse span en sy ondersteuners by Knysna wil bly. Dink net aan die druk op die geriewe en dienste van dié twee plekke, sê Kafaar.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se winter- en lenteskole. Skryf nou in vir Die Burger se Vakansieskole.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
341 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |