|
|||||||||||
|
| VIND: |
![]() Robin McGregor
Nuus
Man in Desember weer in hof oor McGregor-moord
21/11/2008 07:44:25 AM - (SA)
Tulbagh. – Die man wat van die moord op die sakeskrywer Robin McGregor beskuldig word, is steeds in aanhouding nadat sy regshulpprokureur nie sy borgtogaansoek gister in die plaaslike landdroshof kon bywoon nie.
McGregor, wat boeke soos Who Owns Whom en Privatisation SA die lig laat sien het, se lyk is in Augustus met verskeie steekwonde in die badkamer van sy woning in Tulbagh gevind.
Mnr. Cecil Thomas (31), geklee in swart en wit oefendrag, het vlugtig voor landdros Pieter Klazen verskyn.
Thomas is in Augustus in hegtenis geneem.
Tydens sy vorige verskyning sowat twee weke gelede het hy om regshulp aansoek gedoen nadat sy familie sy vorige prokureur se dienste weens geldelike beperkings gestaak het.
Die staatsaanklaer, mnr. Lex van Heerden, het gesê Thomas se borgtogaansoek kan nie voortgaan nie omdat sy regshulpprokureur, mnr. Llewellyn Meyer, weens ’n vol program nie die verrigtinge kon bywoon nie.
“Die datum pas nie die verdediging nie, hoewel die staat gereed is,” het Van Heerden gesê.
Klazen het die saak tot 3 Desember uitgestel.
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |