Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Kerkleiers bly oor Zuma se bid-voorstel
21/11/2008 08:33:45 AM - (SA)

Kaapstad. - Mnr. Jacob Zuma se voorstel dat leerders dalk “weer” moet leer bid so tussendeur die leer, is deur kerkleiers verwelkom.

Die president van die ANC het vandeesweek in Polokwane voor sowat 500 godsdiensleiers die vraag geopper of daar nie meer gebid behoort te word in skole nie.

Dr. Gustav Claassen, die NG Kerk se woordvoerder oor onderwys, het dié sentiment verwelkom. Volgens hom skep die nuwe Skolewet in der waarheid groot ruimte vir godsdiensuiting, maar nog nie baie skole het die bal gevat en daarmee gehardloop nie.

“Mense is dalk nog té sensitief en het nog nie van al die geleenthede (in terme van godsdiensbeoefening) gebruik gemaak nie,” aldus Claassen.

Dr. Vuyani Vellem, adjunk-sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, het ook positief gereageer op Zuma se uitlating wat hy op retoriese wyse aan die groep predikers gestel het: “Hoe onderrig ons godsdienstige waardes? Bid ons weer voor skool soos wat ons altyd gedoen het?” wou Zuma weet.

“Ek glo die kerk het ’n rol om te speel in die onderwys, en ’n ernstige een daarby,” het hy gesê. “Onderwys is voorheen gebruik deur die onderdrukkers as ’n instrument om ons te onderdruk. Ek sê die onderwys moet gebruik word as ’n stuk gereedskap om ons mense te bevry.”

’n Woordvoerder van die departement van onderwys, mnr. Lunga Ngqengelele, het gesê dinge soos gebedsgeleenthede by skole hang in ’n groot mate van die betrokke skole en gemeenskappe af.

Volgens hom mag daar egter nie druk geplaas word op leerders wat nie daaraan wil meedoen nie.

Kommentaar


Zuma se bid-voorstel 11/21/2008 8:10:01 AM
Mense moet nie te gou bly raak oor JZ se uitlatings nie. Hy sê wat mense wil hoor. Hy het Godsvrees en voorvaderaanbidding saam genoem. Neewat JZ praat mense na. Waar kom sy groot morele omswaai skielik vandaan? JZ is nie 'n geloofwaardige persoon om oproepe oor morele waardes te maak nie. -Setsumi

Is dit waar? 11/21/2008 8:27:15 AM
wow!maar JZ weet wat om te se. nou moet die mense nog bid ook!hy maak net gou n paar ekstra christen votes bymekaar? en so gepraat van bid - vir wie gaan daar waar gebid word?? meeste skole sal meer as een god he. -kokkewiet

Zuma wil nou laat bid 11/21/2008 8:31:01 AM
Watter bog! Zuma het in elk geval die evangelie van die setlaars gekry, want eintlik aanbid hy en sy mense voorvaders. Foeitog, as die hedendaagse onderwys in ons land SY mense moet bevry, dan gaan hulle weer in die bos beland. Die onderwys in die vorige bedeling was in elk geval baie gesonder as nou en elke ou is op sy standaard onderrig. Daar was Christelike godsdiensonderrig in die skole en ten minste kon dié hoor wat wou hoor en dié wat nou nog nie wil hoor nie moenie op die kieserspubliek se gevoel probeer speel nie. Ons val nie daarvoor nie. -Malie

 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |