|
|||||||||||
|
| VIND: |
Dr. Alberta Mayberry, Amerikaanse konsul-generaal in Kaapstad gister aan die woord. Foto: MARK WESSELS
Nuus
Obama sal nie aan SA voorskryf, sê VSA-hoë
17/11/2008 10:52:43 PM - (SA)
Kaapstad. - Sen. Barack Obama, wat aanstaande jaar die bewind in Amerika oorneem, sal nie aan Suid-Afrika voorskryf hoe sake gedoen moet word nie.
Hy sal in gesprek tree en in ’n verhouding van wedersydse begrip hoor hoe Suid-Afrika die betrekkinge wil vestig, het dr. Alberta Mayberry, Amerikaanse konsul-generaal in Kaapstad, gister aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) gesê.
Sy het verwys na ’n vorige Amerikaanse ambassadeur wat Suid-Afrika as ’n mikrokosmos van Amerika beskryf het en kleur, godsdiens, taal en voorkeur van bier as voorbeelde uitgesonder het.
“Hy het aan my gesê Suid-Afrika het groter diversiteit as Amerika. Mense het wel hul voorkeure, ook met wie hulle meng, maar vind ons nie baat by diversiteit nie?”
Sy het gesê Afrika se grootste probleem is nie MIV/vigs, gebrekkige vaardighede, korrupsie of oorloë en gerugte van oorloë nie. “Dit is hopeloosheid. Ek kan nie deur hierdie wêreld gaan sonder die hoop dat sake kan verander nie. John F. Kennedy het aan ons daardie hoop gebied. Dieselfde hoop-faktor kom na vore in Obama.”
Oor Obama se aankoms op die politieke toneel het sy gesê: “Is Amerika gereed vir ’n swart president? Ja. Is daar steeds rassisme in Amerika? Ja. Sal dit voortduur? Ja.”
Sy verwag veranderinge in houdings, prosedures en prioriteite. “Soms sal dit skielik wees en soms subtiel.”
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |