Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Bybelstudie verander nie mense se gedrag, sê kenner uit VSA
02/11/2008 11:16:44 PM - (SA)

Bybelstudie help nie veel om kerkmense se gedrag te verander nie.

Dít is die boodskap wat dr. Ron Martoia, ’n kerklike transformasiekonsultant uit Amerika, hier aan die e-kerk se Reformasiekonferensie gebring het.

Hy is een van ’n groep vernuwende denkers uit verskeie wêrelddele wat deur die e-kerk hier byeengebring is om te besin oor hoe ’n nuwe kerklike hervorming in die 21ste eeu behoort te lyk.

Martoia se kritiek het een van die hoekstene aangeraak van die wyse waarop Protestantse kerke oor die eeue heen die toerusting van hul lidmate benader het.

Dié benadering was om mense met kennis te voer, hetsy deur Bybelstudies of deur middel van ander opleidingskursusse.

Martoia het egter gesê “weet” lei nie tot “doen” nie. Inligting lei nie tot transformasie nie.

Kerke het wegbeweeg van die vol liggaamlike belewenis van die wêreld, na ’n intellek­tuele benadering.

Daarmee het benaderings soos aanvoeling en intuïsie verdag geraak.

Jesus se voorbeeld was egter anders, het Martoia gesê.

Vir hom was aanvoeling en die regte beskouing van ’n situasie belangriker as om bloot dinge te weet.

Martoia het as voorbeeld daarna verwys dat Jesus, toe hy na ’n skare gekyk het, nie net ’n groot groep mense gesien het nie.

Hy het die aanvoeling gehad om te sien dat hulle soos ’n groep skape was wat ’n herder nodig gehad het.

Martoia het vertel hoe hy self besef het hy gaan blind vir sulke dinge deur die lewe.

Hy het in ’n supermark in die ry gestaan agter ’n vrou wat nie haar twee balhorige kinders in bedwang kon bring of dit eens probeer doen het nie.

Hy was vies vir die situasie, totdat hy hoor hoe die vrou vir die kassier om verskoning vra en verduidelik dat haar man haar daardie week gelos het, dat sy haar sterwende ma versorg en dat sy deur ’n verskriklik moeilike tyd gaan.

Toe het hy besef hy het geen begrip vir die vrou se situasie gehad nie.

Martoia het gesê hy het niks teen kennis nie, maar kerke moet maniere ontwikkel om hul mense te leer om met ’n groter aanvoeling vir hul omgewing te leef.

Hy het voorgestel dat kerke meer gebruik maak van meditasie, dat mense doelbewus gesprekke aanknoop met mense wat anders is as hulle sodat hulle as’t ware in dié ander mense se skoene kan staan, en dat mense meer in die natuur stil word.

Kommentaar


Wat kan jy verwag? 11/3/2008 6:26:41 AM
Die waarnememing van Martoia strook met wat in die we^reld aangaan. Een van die eerste dinge wat die sielkunde-student leer is om nie die kennis wat hy opdoen op homself of sy familie van toepassing maak nie. Die wetenskaplike wat dierkunde bestudeer doen dit nie om 'n beter dier te word nie. Die sosioloog bestudeer groepe mense, maar raak doelbewus nie betrokke nie. Die teoloog bestudeer die Skrif sonder om self daarby betrokke te raak, indien wel is dit vrywillig en op sy/haar eie manier van interpretasie, soos wat dit pas en nie soos die Skrif vereis nie. So kan 'n mens verwag dat lede wat kennis optel van ander groepe noodwendig sal transformeer?




Martoia maak egter 'n vreeslike voorstel, en dit is om dan nou na 'n Oosterse godsdiens se leefwyse te kyk en elemente daaruit te neem en dan the "mediteer". Dit sal nie help nie, behalwe om mense verder van die Skrif weg te neem om op homself as mens te fokus.

Al hoe hierdie reggekry kan word, is as die persone betrokke na die Skrif terugkeer, dit sluit die geestelike leiers in, en nie net selektiewe gedeeltes aan te haal en uit te leef nie. Soos om te beweer: Alles is net "genade". En daardeur die mens aan te moedig om te sondig (deur nie die Shabbat te onderhou nie, bv. en met mooi praatjies te impliseer dat die Hemelse Vader 'n fout gemaak het deur dit in te stel). Nee, die oomblik wat jy so opsetlik sondig is jy in elke geval onder die "genade" uit. Keer terug na die Skrif, dan kan jy eers werklik vra wat die Vader se wil is en uit daardie hoekpunt besluit of dit skriftuurlik is om te transformeer.

-Cobus


Bybelstudie maak meer boos 11/3/2008 11:26:58 AM
Om die waarheid te se, is Christenlike fundamentaliste die booste mense op aarde. Disrespek en haat definieer hulle as mense, hulle verloor die vermoe om onafhanklik te dink en glo dat enige iets wat hulle se verdedig kan word deur die Bybel wat hulle in hulle hande rondswaai.

Hulle gooi die sagmoedigheid en liefde van die Bybelse boodskap uit omdat dit te oop is vir intrepetasie - hulle verkies die lys reels wat hulle saamgestel het.

Cobus, Koning Dawid het dan gemediteer. Die Psalms praat daarvan. En dis nie Oosterse meditasie nie waar jy jouself leeg maak nie - dis goddelike meditasie waar jy jouself vol maak met gedagtes oor die Here.

Ek was in 'n fundamentalistiese kerk wat mense gedreig het met die "verlies van genade'. Ons was so bang om die Here se genade te verloor dat ons genadeloos was teenoor almal wat nie die reels gevolg het nie - die gays, die vrouens wat aborsies gehad het, die jongmense wat saamgebly het...Ons het hulle verwerp en op hulle neergesien. Maar hulle is nie die vyand nie - volgens die Bybelse definisie is hulle juis die mense wat ons moet help en aanraak. En dit beteken nie bekeer nie!

Christus het nie gekom om die Christelike geloof te begin nie. Hy het gekom om vir ons te wys hoe om te lewe.

Ek glo dat Jesus vandag bitter graag Christene te red - ons het vandag verlossing nodig van ego's en beterwetery.
-Blom


Ander mens se skoene 11/3/2008 12:18:43 PM
"...dat mense doelbewus gesprekke aanknoop met mense wat anders is as hulle sodat hulle as’t ware in dié ander mense se skoene kan staan...".

Dit is wat my betref die waarste stelling wat in die bostaande artikel geskryf is. Ek is 'n voormalige Christen wat in 'n algemene NG omgewing woon.Wat my verstom is met watter verbasing en minagting ek beskou word as ek durf waag se^dat ek nie meer die geloof aanhang nie. Ek word nie gevra wat die rede is, of wat my siening is nie.Nie dat ek dit noodwendig wil bespreek met elke Jan Rap en sy maat wat heelweek kroek,vloek en hulle eie goddelike figuur se naam ydellik gebruik nie. Asook Sondagmiddag met die braai na die kerkdiens. Interessant genoeg, sou ek saam met mense kuier, is dit duidelik hoe die nie-gelowiges die minste gekruide taal gebruik en die minste spog oor hoe die Taksman ingeloop is. Dit is vir my so vals ek kan dood,ek voel dat jy moet "practice what you preach", en dan oordeel hulle my omdat ek nie hulle Sondagsoortuiging deel nie !
Ek voel dat as mense werklik ander se menings en gevoelens wil weet en in ag neem , hulle waarskynlik ook sterker in hulle eie gelowe sal wees, al is dit net om met eerlikheid te weet waarom hulle glo wat hulle glo.
Daar was altyd vir ons gepreek dat jy as Christen vervolg sal word deur almal anders en moet sterk staan, ek ervaar die teenoorgestelde.Christene is juis baie veroordelend en ,lyk , my , bang vir mense wat anders voel.Waarvoor die vrees?
Daar kan ek dus saamstem met die skrywer, spandeer bietjie tyd met iemand anders se mening en insigte, en jy mag dalk self net 'n beter mens word, terwyl te veel bybelstudie net dit wat jy tans reeds is , sal herhaal.Om te groei in enige opsig, moet mens wyd kyk.
-Jan


Bybelstudie ....... 11/3/2008 1:02:15 PM
Jan, 'n voormalige Christen? Nee, ek glo jy is steeds Christen, maar net nie NGKerk nie. Geloof is mos nie 'n sekere kerk nie en as ek jou brief so lees, klink dit asof jy nog baie vaste beginsels handhaaf. Bravo!! Nee, Bybelstudie kan jou nie in die hemel bring nie en daar is mense wat jou doodgooi met sekere versies, maar solank jy glo dat Jesus Christus vir jou sondes gesterf het en weer die dood ook oorwin het, dink ek, is jy opreg in geloof, watter kerk ookal. Daar is die beginsels soos om nie te veroordeel nie en nie klippe te gooi na ander nie, ens wat egter vereistes is vir 'n vaste geloof in God. God se Genade is oneindig groot en strek oneindig ver en Hy sal jou nooit afwys as jy na Hom uitreik in enige situasie nie! Daarvan kan ek vandag eerlik en opreg getuig!
-Kobie


Christenskap 11/3/2008 1:20:18 PM
JA, ek stem saam. Mense sit lekker in die kerk maar glo my net na die diens merk jy nie 'n woord of daad van wat hulle sopas gehoor het nie.
Ek het 'n baie ernstige siek kind tuis en die ondersteuning wat ek kry is beslis nie van my kerk waaraan ek behoort nie. Nee, dit is van baie goeie vriende van ons wat glad nie in God glo nie. Hulle is die mense wat gereeld langs kom en bel. Nie die "valse" ons dink aan jou en bid vir jou beloftes nie (ek sit valse in "" want mens sal maar nooit weet of hulle dit wel doen of nie maar hulle gebare spreek boekdele!) Die vriende van my wat elke Sondag in die kerk sit,is juis die mense wat loop en wolhaarstories verkoop - hulle is die mense wat agter my rug my en my gesin beswadder.
Ja, ek is 'n Christen maar ek glo op 'n ander manier. God is sentraal en deur Sy liefde leef my liefde - dis net werklik moeilik om dit te toon aan mense wat dit nie verstaan nie want dit lewer weer 'n hele klomp skinderstories op!
Waar is die ware, onvoorwaardelike liefde wat God ons leer! Daar is te veel mensgemaakte reëls en niemand steur hulle meer aan God se een enkele reël nie!

-Max


Verantwoording 11/3/2008 1:34:35 PM
Hi ouens. Na bg kommentaar is dit duidelik dat baie mense seerkry in die kerk - wat 'n jammerte is. Ek hoor wat julle se oor Christene, maar ek ken baie mense wat leef wat hulle se, wat nie oordeel nie en 'n verskil in die samelewing maak. Kyk om na die armes, weduwees, siekes, ens. Dit gaan vir die mense nie oor hulle eie status en regte nie maar oor Jesus, wat mos die die goeie boodskap is - hoop vir die wat nie hoop het nie. Vir julle wat seergekry het is my boodskap eenvoudig - vergewe want op die einde vd dag gaan ons almal voor die Vader staan en verantwoording doen vir wat ons se & doen.
-Dan


DIS WAAR 11/3/2008 1:47:42 PM
KENNIS IS NIE ALLES IN DIE LEWE ;MAAR 'ONTMOETING MET JESUS CHRISTUS LAAT JOU BAIE DINGE IN DIE LEWE RAAK SIEN.MENSE WIL MEER KENNIS HE IN STEDE OM SOOS SALOMO TE SE HERE GEE MY WYSHEID.JY KAN DIE KENNIS HE MAAR DIT SE NOG NIE DAT JY DIT IN DIE PRAKTYK KAN UITLEEF EN 'N VERSKIL IN DIE SAMELEWING KAN MAAK NIE .VANDAG SE KERKE EN MENSE IS MEER GEMODERNISEERD BEWUS AS WAT HULLE VAS EN BID SOOS DAT GOD DIE ONDEUR GRONDLIKE DINGE VIR HULLE BEWUS KAN MAAK.DIE WERELD BESEF NIE DAT GOD IS BESIG OM TERUG TE KEER NIE EN ONS LEWE NET SOOS ONS WIL . ONS MOET WAKKER SKRIK EN NA ONS MORELE WAARDES TEUG KEER EN GOD BEGIN VREES;DAN SAL ONS LAND GENEES WORD.GOD IS GROOT EN HY HET DIE KENNIS EN WYSHEID OM ONS TE LEER IN DIE VOLLE WAARHEID.
-ALLAN


11/3/2008 2:06:08 PM
Ai,sien dit is hoekom daar oogklappe vir perde aangesit word wanneer hulle aan 'n wedloop deelneem.Ons oe moet gevestig wees op die wenstreep en nie by die toeskouers langs die baan nie.Onthou die WOORD se "die wat volhard tot die einde toe,die sal gered word"
-WEDLOOP


Vroomheid 11/3/2008 2:16:23 PM
Ek het die laaste tyd tot die slotsom gekom dat vroomheid een van die dinge is wat die beeld van Christene, en dus Christenskap, in die wêreld die meeste skade berokken. In die dae van apartheid het ons (Christen Afrikaners) die kerke vol gesit op 'n Sondag, en op 'n Maandag 'n onchristelike stelsel soos apartheid toegepas. Die einste NGK het dit dan goedgepraat! Deesdae fokus ek op my verhouding met die Here en probeer vir my gesin en die samelewing 'n voorbeeld wees van wat EK dink 'n ware Christen behoort te wees. Ek neem die vromes, veral die wat so graag, soos die Fariseërs, te koop loop met Christenskap, of hulle wat so graag klippe gooi na ander, met 'n reuse sak sout. Ek stel belang in wat God van my dink - nie wat die mense dink nie. Dit help jou om jou prioriteite in orde te kry.
Kennis is goed, want dit help jou om God beter te verstaan, maar wat meer saak maak is wat in hou hart aangaan.
-Jacques


Meditasie 11/3/2008 2:41:23 PM
Meditasie sal beslis help om mense meer in voeling eerstens met hulself en dan met ander te bring. Christene moet veral leer om ander mense nie te veroordeel nie en om eerstens van alles hulself in te lig veral oor ander mense se gelowe. Sodoende kan ons almal dan mekaar beter verstaan en so ook ons self beter verstaan. Vergewe eerstens jouself en dan die ander. Dis waar die Buddhisme bv. 'n veel meer direkte en volledige benadering tot die mens se realiteit het en ook geheel en al enige vorm van veroordeling teenoor ander gelowe vermy. Uiterlike en boekekennis alleen kan nie veel doen aan mense se gedrag en innerlike vrede nie. Die gemoed moet eerstens van alles gestabiliseer word deur meditasie en dan kan daar gefokus word op suiwer intensie en balans tussen intellek, liggaam, gees en spraak. Om Mani Peme hung
-Werner


"Bybelstudie" alleen verander mens nie! 11/3/2008 4:51:18 PM
Interessante berig. Tot `n mate kan ek saamstem daarmee. As dr. Ron Martoia na die Skriftuurlike manier van Meditasie verwys kan ek daardie gedagte heelhartig ondersteun, maar ek twyfel of die geagte dr. na die Skriftuurlike vorm van meditasie verwys. Die Skriftuurlike meditasie is juis om gedurig oor die Woord te peins en te tob(Josua 1:8). Hierdie soort bepeinsing is dan juis wat ook voortvloei uit korrekte Skrif-studie. Wat my betref is "Bybelstudie" sonder `n gesonde/ Lewende verhouding met jou Skepper nie voordelig nie. Sonder om veroordelend te klink, lees gerus Romeine 12:1-2 "Ek vermaan julle dan, broers, by die ontferminge van Elohim, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, afgesonderde en aan Elohim welgevallige offer dit is julle redelike geloofs-beoefening.
2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van Elohim is."(Woord en Getuienis)
Hoekom lyk, ruik, praat en doen sogenaamde gelowiges, presies dit wat die ongeredde wêreld doen?
Die Messiah het uitdruklik gesê dat ons aan ons vrugte geken sal word.Matthéüs 7:13-27) Vriendelike waarskuwing, as iemand daarop aanspraak maak dat hy/sy `n gelowige is, maar daar is geen vrugte in daardie persoon se lewe nie, (Galasiërs 5:16-25) ondersoek jouself o mens, want dit is dan juis `n bewys dat jy NIE in die Geloof is nie.
Shalom
-Obadyahu


Kobie.. 11/3/2008 5:06:58 PM
Kobie, daar maak jy toe nou net die fout wat so algemeen is. Jy reken ek is einlik 'n Christen omdat ek vaste beginsels het.
Ek het vaste beginsels omdat ek mense respekteer, ongeag geloofsoortuigings al dan nie.
Christene het nie die alleenreg op goeie beginsels nie, en het dit ook nie uitgevind nie.Ek sal nie steel omdat dit ook in die Bybel verbied word nie, maar omdat ek nie iemand anders se goed wil vat nie.
Dit is vir my soos die parkeeraanwysers wat mens beduie hoe om agteruit te ry , wanneer om te stop,ens.Mens weet elk geval hoe om dit te doen en reg te doen , en sal dit ook regkry, of die aanwyser daar is of nie.
Jy het waarskynlik goed bedoel,Kobie maar jy beledig my deur jou aanname van morele verhewendheid. Ek kan jou waarborg dat ek geen godsdiens van enige aard sal bedryf nie. Ek is nie anti-godsdiens nie, want my vrou en kinders is wel nog in die sisteem, en ek sal dit ook hulle nie ontneem nie.As godsdiens hulle gelukkig maak , dan is dit Ok met my.
Kan jy egter my dieselfde respek betoon? My familie doen dit wel. Dit my vriend , is wedersydse respek.
-Jan


 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |