Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Partye gekwel ná grondwethof Hlophe aankla
30/05/2008 09:59:30 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Politieke partye het met verbasing gereageer op die nuus dat die omstrede Kaap­se regter-president, regter John Hlophe, deur die konstitusionele hof van onbehoorlike inmenging aangekla is.

Me. Helen Zille, DA-leier, het in ’n verklaring gesê die feit dat Hlophe probeer het om invloed uit te oefen in die uitsprake van hofsake waarby mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, betrokke is, ruk die fondamente van Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie.

Haar party sal geen steen onaangeraak laat om agter die kap van die byl te kom nie.

“Gegewe die erns van die klag sal die DA seker maak al die moontlike word gedoen sodat die aantygings deeglik en spoedig deur die Regterlike Dienskommissie (RDK), waarvan die DA se me. Sheila Camerer lid is, ondersoek word.

“As in die ondersoek bevind word Hlophe het sy amp misbruik, moet hy af­gedank en vervolg word,” het Zille gesê.

Die klag skep die moontlikheid dat die voorval een van Zuma se talle pogings kan wees om die reg te ontduik en dat Hlophe se optrede namens die ANC-leier kan wees, meen die DA-leier.

’n Ontstoke mnr. Koos van der Merwe, IVP-LP en woordvoerder oor justisie, sê die publiek het die volste reg om te weet wat die presiese aard van die klag teen Hlophe is. Hy het onlangs ’n regsmening aan hoofregter Pius Langa gestuur waarin gesê word klagtes teen regters moet in belang van deursigtigheid en die publiek se reg om te weet, openbaar gemaak word. Die RDK maak besonderhede van klagtes nie bekend nie.

“Die vorige keer toe Hlophe in omstredenheid gedompel was en klagtes teen hom ingedien is, is besonderhede daaroor ook nie bekend gemaak nie. Hierdie keer moet die klagtes uitkom.”

Me. Patricia de Lille, leier van die OD, het gesê die ondersoek moet sy gang gaan voordat uitsprake oor Hlophe gemaak kan word.

“In hierdie stadium weet ons nie hoe hy die sake teen Zuma probeer beïnvloed het nie. Dit is egter ’n baie ernstige klag teen hom.”

Die leier van die UDM, mnr. Bantu Holomisa, het hom by De Lille aangesluit en gesê die ondersoek na Hlophe moet so gou moontlik afgehandel word.

“Dit is egter duidelik die smerige binnegevegte in die ANC is besig om na die land se demokratiese instellings oor te spoel, soos wat reeds die geval met ons intelligensiedienste is.”

Me. Jessie Duarte, die ANC se hoofwoordvoerder, wou niks oor die saak sê nie: “Ons skiet nie van die heup af nie.”

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |