Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Pres. Thabo Mbeki
Pres. Thabo Mbeki   
Nuus
Los Afrika uit, skryf Mbeki glo aan Bush
29/05/2008 09:40:58 PM - (SA)

WASHINGTON. – Pres. Thabo Mbeki het ’n brief van vier bladsye aan pres. George W. Bush gerig waarin hy dit duidelik stel Amerika “moet sy neus uithou (uit Afrika), dat Afrika aan hom behoort”.

Mbeki kritiseer Amerika in die brief “vol uitroeptekens” omdat hy kant kies teen pres. Robert Mugabe se regering en nie die menings van die mense van Zimbabwe re­spekteer nie.

Die brief is deur mnr. Michael Gerson, Bush se voormalige hoof-toespraakskrywer en beleidsadviseur, in sy rubriek in The Washington Post onthul. Hy haal anonieme Amerikaanse amptenare aan wat onder meer sê: “Mbeki het kop verloor, dit was verregaande.”

Die brief is einde April aan die Withuis gerig en volgens een amptenaar het Mbeki dit duidelik gestel Zimbabwe “is nie ons besigheid nie en ons moet ons neus (uit Afrika) hou, dat Afrika aan hom behoort”.

In die rubriek getiteld “The Despots’ Democracy” word aangedui hoe Suid-Afrika ’n bespreking oor die menseregtevergrype in Zimbabwe in die VN gesmoor het, asook in Wit-Rusland, Kuba, Noord-Korea en Oezbekistan.

Suid-Afrika was ook die enigste ware demokrasie wat gestem het teen ’n resolusie om te eis dat die Birmaanse junta die etniese suiwering stop en me. Aoeng San Soe Kji vrylaat.

Die Withuis het gister by navraag aangedui hy sal later op die brief reageer. Luidens berigte sal Bush wel Mbeki se brief beantwoord. Die Suid-Afrikaanse ambassade in Washington DC was by navraag ook nie bewus van die brief nie, maar sal ook later reageer.

Gerson sluit sy rubriek af met die stelling dat die debat oor Suid-Afrika se rol in Zimbabwe die volgende vraag dwarsdeur Suider-Afrika uitklaar: Het revolusionêre partye in die streek geveg vir bevryding of vir vryheid? As dit net was vir die bevryding van Westerse imperialisme, dan het bejaarde despote van onderdrukkende regerende partye ’n aanspraak op die mag.

“Maar as dit vir vryheid was, dan moet diegene wat vir vryheid in Zimbabwe gewerk het, ook hul aandeel kry. Sover het Suid-Afrika – van alle plekke – kant gekies vir die despote.”

Die rubriek het hewige kommentaar op The Washington Post se webtuiste ontlok. ’n Suid-Afrikaner met die skuilnaam Juan2 skryf: “Haai. Ek is ’n Suid-Afrikaner en ek kan julle vertel dat bitter min Suid-Afrikaners Mbeki se sienings deel. Gelukkig is hy nie meer lank die president nie. Hy is waarlik ’n siek, siek, siek, siek mens. Siek!”
. Mbeki het ondanks kwaai kritiek op sy oënskynlike verwydering van probleme aan die tuisfront gister die steun van sy kabinetslede gekry, berig Pieter du Toit.

Dit volg op oproepe van oor die politieke spektrum heen, inlsuitend sy eie party en alliansiegeledere, dat hy sy kantoor moet ontruim omdat hy uit voeling is met wat in die land aangaan.

Mnr. Themba Maseko, regeringswoordvoerder, het hier gesê Mbeki se ministers staan bankvas agter hom. Volgens hom is dit nie waar dat hulle vertroue in Mbeki verloor het nie en is die kabinet nog net so vasbeslote en gemotiveer as toe hulle hul dienstermyn begin het.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |