Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Regering sê wapens sou g’n konflik vererger
15/05/2008 09:43:43 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Die permit vir die aflaai en vervoer van wapens na Zimbabwe van die berugte Chinese wapenskip is toegestaan omdat die regering meen die wapens sou nie bydra tot die konflik in Zimbabwe nie.

Só het mnr. Sydney Mufamadi, minister van plaaslike en provin­siale regering, gister gesê in antwoord op ’n vraag van mnr. Rafeek Shah, DA-LP, oor die omstrede besending.

Kwessies oor die wetlike en morele korrektheid van die regering se besluit dat die vrag wapens afgelaai kan word, het ter sprake gekom toe Mufamadi vrae van die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging moes beantwoord.

Die Nasionale Komitee oor Beheer oor Konvensionele Wapens (NKBKW), waarvan Mufamadi die voorsitter is, het verlede maand toestemming gegee dat die vrag wapens na Zimbabwe vervoer mag word, maar optrede deur vakbonde en die Durbanse burgerlike samelewing het uitgeloop op ’n hofbevel wat dit verhinder het.

“Suid-Afrika monitor deurgaans die situasie in Zimbabwe. Niemand weet beter as ons wat Zimbabwe gaan hinder of help nie,” het Mufamadi gesê.

“Hierdie is konvensionele wapens. Dis nie vuurpylwetenskap nie. Gegewe die aard van die geweld in Zimbabwe sal hierdie wapens geen uitwerking hê nie. Ons het dit in ag geneem.”

Shah het hom punt vir punt gevra of al die individuele stappe gedoen is, soos in die tersaaklike wetgewing uitgestippel word.

Hierop het Mufamadi redelik vaag geantwoord dat die stappe in geheel beskou moet word, nie as stappe wat een vir een gedoen moet word nie.

Toe Shah verdere vrae wou vra oor kwessies soos of ’n diplomatieke nota ontvang is, of die tersaaklike ander regeringsdepartemente geraadpleeg is soos die wet vereis, en of pres. Thabo Mbeki persoonlik enige instruksies gegee het, is hy deur die voorsitter (en ANC-LP), mnr. Fezile Bhengu, verhinder om dit te doen.

Mufamadi en die voorsitter van die NKBKW se sekretariaat, mnr. Dumisani Dladla, het toegegee dat geen vergadering deur die NKBKW oor die vrag gehou is nie.

Dladla het wetmatig uiteengesit dat alle dokumentasie in orde was soos die wet vereis, asook die nodige politieke en ekonomiese ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Zimbabwe.

Hy het gesê die hoeveelheid skepe wat met wapentuig in Suid-Afrika aankom, maak dit onmoontlik om elke keer ’n NKBKW-vergadering te belê.

Ook Mufamadi het opgemerk “as ’n skip op pad is, is hy op pad”.

“Hy wag nie vir ’n NKBKW-vergadering om vas te meer nie”, wat Shah laat vra het wat dan die doel van die stelsel is.

Mufamadi het volgehou geen oortreding is begaan nie, en gesê Suid-Afrika se soewereiniteit het ’n rol gespeel.

“Al wat ek kan aflei, is dat mense ontevrede is omdat ons nie die voorkeur van ander lande (teen die stuur van wapens na Zimbabwe) internaliseer nie.

“Ons het geen verpligting, moreel of wetlik, om ingetrek te word in hul pogings om dit te doen nie”.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |