Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Nuus
Travelgate-LP’s sál steeds boet
15/05/2008 09:39:17 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Parlementslede wat reiskoepon-bedrog gepleeg het, moet steeds vir hul sondes betaal ten spyte van ’n kennisgewing in die Staatskoerant wat voorstel dat likwidasie-stappe teen hulle gestaak word.

Die Skerpioene het ook steeds die reg om LP’s strafregtelik in die saak aan te kla.

Resolusies is in die Staatskoerant van 9 Mei gepubliseer waaroor die krediteurs van die reisagentskap Bathong Travel volgende Vrydag op ’n vergadering moet besluit. Bathong is ook by die reiskoepon-skandaal betrek.

Hierdie resolusies lui onder meer dat die likwidateurs nie verdere stappe teen die LP’s moet doen nie met betrekking tot kaartjies, heffings en/of ander dienste waarvoor geen kwitansies bestaan nie.

Likwidateurs moet alle ander litigasie teen parlementslede staak oor koepons wat deur Bathong, sy direkteurs of aandeelhouers gebruik is.

Die parlement skeld ook die likwidateurs vry met betrekking tot enige verdere koste wat uit hierdie resolusie mag voortvloei.

Die parlement het volgens alle aanduidings gehoop om skuld van nog ten minste R6 miljoen te in.

Mnr. Tlali Tlali, woordvoerder van die Skerpioene, wat binnekort ontbind gaan word, het gister gesê die kennisgewing beteken nie dat die Skerpioene verdagte LP’s nie meer mag aankla nie.

“Ons sal die LP’s aankla wat ons aankla, maar as dit so gebeur dat daar nog van hulle is in die toekoms, dan sal ons hulle ook aankla.”

Hy wou nie sê hoeveel LP’s nog aangekla moet word nie.

Altesame 30 LP’s is reeds skuldig bevind aan reisbedrog en het ingevolge pleitooreenkomste hul skuld en boetes in die saak begin terugbetaal.

Een LP, mnr. Mnyami Booi, van die ANC, se saak dien steeds voor die Kaapse streekhof. Dit is vroeër vandeesweek tot September uitgestel.

Booi is die enigste LP wat nie ’n pleitooreenkoms met die staat aan­gegaan het nie.

Mnr. Jannie van Vuuren, aanklaer in die Travelgate-strafsaak, het gesê die kennisgewing sal nie hierdie strafsaak raak nie.

Dit behoort nie die terugbetaling van skuld en boetes te raak wat nog gedoen moet word nie, aangesien hierdie terugbetalings kragtens ’n hofbevel geskied.

Sover sy kennis strek, het die LP’s reeds hul skuld met die likwidateurs vereffen.

Bathong Travel is nog die enigste reisagentskap wat uitstaande sake het.

Mnr. Luzuko Jacobs, hoof van die parlementêre kommunikasiediens, het gister gesê die kennisgewing is slegs ’n mosie waaroor eers volgende week besluit gaan word.

Mnr. Berhard Kurz, die regsverteenwoordiger vir die likwidateurs, wou nie gister kommentaar lewer nie.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |