Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Mnr. Leonard Ramatlakane
Mnr. Leonard Ramatlakane   
Nuus
Wes-Kaap ‘sterk in stryd teen dwelms’
15/05/2008 09:42:51 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Die polisie het in die afgelope vyf jaar beslag gelê op dwelms ter waarde van R111 miljoen wat net soveel as 22 eenton-bakkies weeg.

Só het die provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid, mnr. Leonard Ramatlakane, gister gesê toe hy sy begrotingstoespraak vir die nuwe boekjaar gelewer het.

Hy was besonder optimisties oor die ­vordering wat die laaste ruk met ­dwelm­bestryding in die Wes-Kaap behaal is.

“Ons tree op teen dwelmbase wat soveel leerders op die Kaapse Vlakte se toekoms verwoes.”

Volgens Ramatlakane, wat gemeenskapsveiligheid die afgelope vyf jaar as sy portefeulje het, het hy ’n departement by die DA oorgeneem wat hom skuldig gemaak het aan ’n “gekibbel” terwyl bendes en misdadigers die Wes-Kaapse gemeenskap “as gyselaar” gehou het.

“Vandag is daar ’n volgehoue afname in misdaad – onder meer vanweë die vennootskappe wat ons met die gemeenskap opgebou het.”

Die departement het ’n begroting van R228 miljoen vir die boekjaar 2008-’09 ontvang. Nuwe inisiatiewe wat hieruit ge­finansier sal word, sluit in:
. Die werwing van 750 vrywilligers vir die verbetering van veiligheid by 165 hoë­risiko-skole;
. Sowat 1 600 nuwe polisielede en reserviste; en
. Die ontplooiing van 450 vrywilligers by stasieplatforms in die provinsie.

Me. Zodwa Magwaza, ANC-LPP en voorsitter van die staande komitee oor gemeenskapsveiligheid, het gesê daar was die afgelope tyd ’n groot verbetering in die departement van gemeenskapsveiligheid se werkverrigting, maar sy is tog bekommerd oor die positiewe statistieke wat ontvang word. “Ons moet liewer ’n behoorlike maatstaf hê voordat ons sonder meer sê misdaad neem af.”

Mnr. Lennit Max, DA-LPP, het gesê Ramatlakane se departement is glad nie op peil nie. Die departement, wat tans deur die Wes-Kaapse ouditeur-generaal ondersoek word, het twee jaar agtereenvolgens ’n gekwalifiseerde ouditverslag gekry. “En ek is seker dit sal vanjaar ook die geval wees.”

Mnr. Mzwandile Manjiya, LPP vir die United Independent Front (UIF), was selfs minder taktvol. “Dank Vader dié minister se termyn verstryk volgende jaar.” Hy het bygevoeg die misdaad in die provinsie toon ’n heel ander prentjie as die positiewe statistieke waarmee Ramatlakane in sy begrotingstoespraak spog.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |