Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Leerders van die Primêre Skool Bergendal in Agter-Paarl was gister huiwerig om aan Charlie die krokodil te vat. Van links staan Hendrico Sylvester (12), Gideon Hendricks (13), Mitchell Johnson (13), Brandon Goliath (15), Jacques April (12) en Daniël Willemse (14). Foto: LIZANE LOUW
Leerders van die Primêre Skool Bergendal in Agter-Paarl was gister huiwerig om aan Charlie die krokodil te vat. Van links staan Hendrico Sylvester (12), Gideon Hendricks (13), Mitchell Johnson (13), Brandon Goliath (15), Jacques April (12) en Daniël Willemse (14).    Foto: LIZANE LOUW
Nuus
Ekspo bied groot leerervaring
15/05/2008 08:22:29 PM - (SA)

PAARL. – Dit was amper of ’n hele paar leerders het gister op die Museum-en-erfenis-ekspo in die Paarl Mall (krokodil)trane gestort.

Die twee krokodille wat deel van die Le Bonheur-krokodilplaas se uitstalling uitgemaak het, het telkens leerders die skrik op die lyf gejaag.

Die meeste van die leerders was te bang om aan hulle te vat of selfs naby die klein krokodille se hok te kom.

Jacques April (12) was egter een van die dapper leerders van die Primêre Skool Bergendal wat die kans aangegryp het om aan Charlie (1) te vat.

Terwyl Steve (ses maande) in die hok rondgekriewel het, het Jacques Charlie versigtig vasgehou.

“Dit was ’n bietjie grillerig, maar dit was vreeslik lekker,” het hy daarna gesê.

Een vir een het Jacques se vriende dit gewaag om aan die krokodilletjie te vat, maar die meeste het heel verskrik en met groot oë weggespring.

“Hulle is almal ’n klomp bangbroeke,” het een van die plaas se toergidse, mnr. ­Milner Sybok, gespot.

“As daai ding spring, spring hulle ook.”

Me. Isabeau Botha, kommunikasiebestuurder van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en een van die ­ekspo-organiseerders, het gesê die ekspo het gister reeds baie besoekers gehad.

Gister het die Primêre Skole JJ Rhode, Wes-Eind, Bergendal, Alfons en Dal Josaphat die ekspo besoek.

Vandag is dit die NGK ­Primêre Skool Boplaas van Hermon en die Primêre Skool Ikaya van Khayamandi se beurt.

Sestig leerders van elke skool is vervoer met busse wat deur die Drakenstein-munisipaliteit en Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit as deel van die Borg ’n Bus-projek ­geborg is.

Die Franschhoek Motormuseum, die Paarl Museum en die Afrikaanse Taalmuseum is van die 25 instellings wat daar uitstal. Dié ekspo, wat deel is van internasionale museummaand, duur tot 18 Mei.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |