Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Krugerwildtuin is stropers se gewildste teiken, wys syfers
12/05/2008 01:44:32 PM - (SA)

Die Krugerwildtuin is ’n knelpunt vir wilddiefstal.

’n Onlangse parlementêre vraag aan die minister van omgewingsake en toerisme het onthul sowat 250 soogdiere in dié wildtuin is in die laaste vier jaar deur wilddiewe afgemaai. Daaronder was minstens 44 witrenosters en 31 buffels.

Só het mnr. Gareth Morgan, DA-woordvoerder oor omgewingsake, gister in ’n verklaring gesê.

Syfers dui daarop dat die Krugerwildtuin die park is wat die meeste van alle Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (Sanparke) deur wilddiewe geteiken word.

In statistiek wat deur die minister van omgewinsake en toerisme vrygestel is, is 55 soogdiere verlede jaar in dié park doodgemaak, teenoor 91 in 2006, 78 in 2005 en 23 in 2004.

“Terwyl daar beslis minder soogdiere in 2007 doodgemaak is as in vorige jare, bly dié syfers gevaarlik hoog, veral wat die witrenoster betref,” het Morgan gesê.

Dié getalle kan selfs hoër wees as in ag geneem word hoe moeilik dit is om statistiek vir wilddiefstal saam te stel.

“Aan die een kant kan die Kruger-syfers baie hoër wees omdat wildbewaarders slegs dié syfers kan bereken wanneer daar duidelike bewys is dat ’n dier onwettig doodgemaak is. ’n Mens kan aanneem daar is ’n hele klomp ander diere wat net spoorloos verdwyn.”

Mnr. Raymond Travers, woordvoerder van die Krugerwildtuin, het bevestig hulle het in die laaste vier jaar ’n toename in veral renosterslagtings gehad.

Dít is hoofsaaklik weens ’n toenemende aanvraag na renosterhorings in die buiteland.

Volgens Travers het Sanparke verskeie stelsels in plek wat wilddiefstal probeer bekamp. Dit sluit in wildbewaarders wat daagliks die terrein te voet, per fiets of per motor patrolleer, ’n intelligensie-eenheid en helikopters wat ook gereeld die gebied patrolleer.

“Ons probeer alles in ons vermoë om wilddiefstal te bekamp. Een dier wat só doodgemaak word, is een te veel,” het Travers gesê.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |