Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
671 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 11º/17| Worcester 3º/20| George 6º/20| Port Elizabeth 9º/20 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Dr. Alex BoraineFoto: Denzil Maregele
Dr. Alex Boraine   Foto: Denzil Maregele
Nuus
Plaaslike regering ‘vernuwe’
11/05/2008 09:49:27 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Suid-Afrikaners is honger vir verandering – veral ná Polokwane.

In haar weeklikse nuusbrief, SA Today, sê die DA-leier, me. Helen Zille, sy het in haar eerste jaar as leier van die opposisie besef daar is ’n groot behoefte by mense van alle vlakke van die samelewing dat die politiek ’n nuwe rigting moet inslaan.

Zille het verlede week haar eerste jaar as DA-leier gevier en, anders as dr. Alex Boraine, ondervoorsitter van die Waarheid-en-versoeningskommissie, meen sy dat ’n rigtingverandering in die politiek op plaaslike regeringsvlak aangedryf moet word.

In Boraine se outobiografie, A life in transition, wat onlangs verskyn het, voer hy aan dat verandering slegs deur ’n ANC-lid van mnr. Cyril Ramaphosa se statuur gelei kan word – iemand wat dus in staat sal wees om ’n groot genoeg swart ondersteuningsbasis te bewerkstellig.

Die teendeel is waar, sê Zille. “Die verandering in Suid-Afrikaanse politiek begin nie van bo af by die parlement nie, maar by die plaaslike regering.”

In die stad Kaapstad,
sê Zille, het ses opposisiepartye bymekaargekom en ’n veelpartyregering tot stand gebring. Dié regering het, teen alle verwagting in, staande gebly.

Volgens haar is die veelpartyregering besig om ’n fondament te lê van gedeelde waardes waar etniese, rasse- en godsdiensverskille te bowe gekom word en wat ’n lewensvatbare alternatief vir die ANC se magsbasis bied.

“Die ANC weet hierdie ‘alternatief’ het die potensiaal om oor die hele land pos te vat,” sê Zille. Dít sal die weg baan vir ’n swart politieke leier om die leisels oor te neem, maar dit sal nie onmiddellik gebeur nie – daarvoor is die politieke prys te duur.

As sy, soos Boraine beweer, ’n ­belangrike rol te speel het om ­politieke verandering in die land ­teweeg te bring, moet sy die ­burgemeester van Kaapstad bly, sê Zille.

“Plaaslike regeringsvlak is die beste platform waarvolgens politieke rigtingverandering in die land kan plaasvind en dáár kan ek die grootste bydrae lewer.”

Die stad Kaapstad se model van ’n veelpartyregering kan met sukses in talle ander plaaslike regerings in die land in werking gestel word, sê Zille.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |