|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
Nuus
Maties wil soen vir ’n vale in die Laan
11/05/2008 09:30:07 PM - (SA)
KAAPSTAD. – Duisende Matie-studente gaan in Augustus poog om ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord op te stel – vir die meeste paartjies wat gelyktydig soen – alles in die naam van Matietrots.
“Soen in die Laan” vind op 1 Augustus in Die Laan plaas en vorm deel van die Universiteit Stellenbosch (US) se Matieweek.
Volgens mnr. Retief Swart, studenteraadslid vir Matietrots, gaan hulle ander universiteite uitdaag om dié rekord te verbeter. Die studenteraad wil deur ’n reeks pogings die gevoel van trots en samehorigheid wat in koshuise heers, na die res van die kampus uitbrei. Soen in die Laan is slegs een hiervan. “As ons lekker goed saam doen, kan ons só eenheid op kampus bewerkstellig.”
Mnr. Gawie Roux, projekbestuurder, het die idee vir Soen in die Laan gekry toe hy saam met vriende ’n Guinness World Records deurgeblaai het. “Ons het ook besef dit is ’n baie maklike pick-up line,” het hy geskerts.
Die musiekkanaal MK sal dit vir hul MK Kampus-program afneem. – Sarietha Engelbrecht
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |