Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Een van Kingsley Holgate se Land Rovers word vasgebind in ’n skeepshouer voor ’n gevaarlike vaart om die Horing van Afrika wat tans deur Somaliese seerowers geteister word.
Een van Kingsley Holgate se Land Rovers word vasgebind in ’n skeepshouer voor ’n gevaarlike vaart om die Horing van Afrika wat tans deur Somaliese seerowers geteister word.   
Nuus
Holgate-ekspedisie vrees seerowers
11/05/2008 09:31:53 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Kingsley Holgate en sy Outside Edge-ekspedisie wat reeds etlike gevare getrotseer het, vrees nou dat Somaliese seerowers hul drie Land Rovers kan kaap in ’n vaart om die Horing van Afrika.

Die ekspedisielede se vrese is vererger deur drie seerower-aanvalle in April in ’n gebied wat die Nederlander Rem Korteweg pas beskryf het as ’n “maritieme gravitasiekolk (black hole)” op die webwerf van Den Haag se Sentrum vir Strategiese Studies (www.hcss.nl).

Dit was ’n lang pad sedert Holgate-hulle verlede jaar in April by Kaappunt weggetrek het op ’n reis kuslangs reg om Afrika.

Die ekspedisie se jongste terugslag was toe hulle in Asmara in Eritrea moes wag vir toestemming om hul reis aan die Danakilkus te kon voltooi. Hulle is toegelaat om dit te doen en kon daarna Djiboeti haal.

Die volgende groot struikelblok wat voorlê, is die oorloggeteisterde Somalië. Daar is geen manier dat hulle hier verder kon kuslangs ry nie en die enigste uitweg was om hul drie Land Rovers op ’n vragskip te laai vir ’n vaart verby die Horing van Afrika. Op dié vaart om die Horing wil hulle ’n klip op die mees oostelike punt van die vasteland plaas.

Holgate se span het wél ’n aangename tyd in Djiboeti gehad. Daar is gereël dat hulle die president van Djiboeti, mnr. Ismail Omar Guelleh, kon ontmoet sodat hy hul vredesrol kon teken. Die Franse fregat wat verlede maand ingespan is om toeriste te gaan red wat deur seerowers as gyselaars aangehou is, het egter steeds in Djiboeti-hawe gelê.

Ná die drama met die Franse plesierboot Le Ponant was daar twee verdere seerower-aanvalle – een op ’n Japanse tenkskip en nog een op ’n Spaanse vistreiler.

Die jongste syfers toon seerowery het in die eerste drie maande vanjaar wêreldwyd met sowat 20 persent toegeneem vergeleke met die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

* Kingsley Holgate doen môre in sy rubriek Uit Verre Afrika in Buite verslag oor die vordering van sy eks­pedisie.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |