|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
Nuus
Prokureursorde waarsku oor vuurwapengebruik
11/05/2008 09:33:41 PM - (SA)
KAAPSTAD. – Die Prokureursorde van Suid-Afrika, die oorkoepelende beheerliggaam van alle prokureurs in die land, het gister gewaarsku dat die publiek en die polisie nie “verwar” behoort te word deur “onverantwoordelike uitlatings” oor wanneer hulle misdadigers mag skiet of nie.
Die mede-voorsitters van die Prokureursorde, mnre. C.P. Fourie en V. Saldanha, sê die onlangse uitlatings van die adjunkminister van veiligheid en sekuriteit, me. Susan Shabangu, oor die doodskiet van misdadigers is “kommerwekkend”.
“Sy het sowel die publiek as die polisie aangemoedig om doodsgeweld teen verdagte misdadigers te gebruik.
“Eienaars van gelisensieerde vuurwapens, hetsy die publiek of die polisie, moet ingevolge bestaande wette bewus wees van hul regte en verantwoordelikhede soos dit in die wette vervat is wat die gebruik van vuurwapens beheer.
“Onverantwoordelike stellings kan die publiek verwar sodat hulle onwettig optree deur die reg self toe te pas.” – Philip de Bruin
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |