Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 14º / 22º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 21º | Port Elizabeth 14º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Foto : EPA/MATTHEW CAVANAUGH
Foto : EPA/MATTHEW CAVANAUGH
Nuus
Kinders het meeste insette oor wat gesin koop
09/05/2008 01:57:14 PM - (SA)

Die ou gesegde dat kinders gesien, maar nie gehoor moet word nie, geld beslis nie as dit by besluite oor gesinsaankope kom nie.

’n Nuwe peiling van Unisa se Buro vir Marknavorsing wys dat tieners ’n deurslaggewende sê het in die aankope van 25 uit 34 produkte wat vir die navorsing gekies is. Dié invloed behels die besteding van R380 miljard aan produkte soos wegneemetes, die bywoning van konserte, watter flieks die gesin kies en waar hulle vakansie hou.

Prof. Deon Tustin, hoof van die gedrag- en-kommunikasie-afdeling van die buro, sê die navorsing wys duidelik wat die voorkeure en invloed van die “toekomstige verbruiker” is. Bemarkings- en advertensiemaatskappye moet ag slaan op dié groep se beduidende sê in hul ouers se bestedingspatrone, sê Tustin.

Hulle het self ook ’n prominente verbruikerstempel met besteding van R7 miljard danksy sakgeld van pappie en mammie. Tustin se navorsing wys dat die sakgeld wat kinders ontvang, gemiddeld R320 per maand beloop.

Swart kinders kry gemiddeld R210 per maand, Indiërs R285, bruin kinders R220 en wit kinders R485.

“Daar is natuurlik gesinne waar die kinders R3 000 per maand sakgeld kry.”

Die navorsing is gedoen onder 750 huishoudings in die middel- en hoër-inkomstegroep in Johannesburg, Pretoria, Durban, Kaapstad en Port Elizabeth.

Tustin sê ouers is uitgevra oor die invloed wat hul kinders tussen die ouderdom van 13 en 18 jaar uitoefen op die besluite oor die gesin se aankope.

“Daar is sowat 1,7 miljoen kinders in dié ouderdomsgroep in die bevolking. Ons het hulle gekies vir die navorsing omdat hulle kognitief verder gevorder is.”

In die peiling is bevind dat wit en swart tieners ’n groter invloed het by die koop van wegneemetes of waar die gesin gaan vakansie hou. Hulle wil gewoonlik see toe, en dan ook na spesifieke plekke omdat hulle weet daar is vermaak, want hulle kan hulself nie meer vermaak nie.

Bruin tieners het weer ’n groter invloed op die aankoop van kos en klere en Indiër-tieners oor die aankoop van inligtingstegnologie. – Sake24

    
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se winter- en lenteskole. Skryf nou in vir Die Burger se Vakansieskole.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
341 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |