Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Nuus
Almal die hoenders in oor heffing van tolgeld op N1 en N2
09/05/2008 08:46:09 AM - (SA)

KAAPSTAD. – Die heffing van tolgeld op die N1 en N2 binne die Kaapse metropool sal planne vir beter openbare vervoer in die wiele ry.

Dit gaan ook die armes wat dikwels ver van hul werk af woon, die swaarste tref, volgens omgekrapte lede van die Kaapse stadsraad.

Hulle is só ontsteld oor die voorgestelde tolhekke en -heffings op die twee hooftoegangsweë na die kern van die metropool dat die raad se portefeuljekomitee oor vervoer, paaie en stormwater nou ’n buitengewone werksessie oor die saak gaan hou.

Intussen werk senior amptenare van verskeie munisipale departemente aan ’n verklaring. Dít sal namens die burgemeester, me. Helen Zille, aan die SA Nasionale Padagentskap gestuur word as die raad se kommentaar op die tolplanne, het mnr. Eddie Chinnappen, hoof van vervoer, paaie en stormwater, bekend gemaak.

Hy het ook onderneem om ’n konsep van die verklaring spoedig aan die lede van die portefeuljekomitee beskikbaar te stel sodat hulle dit op die werksessie kan bespreek.

Mnr. Taki Amira, van die DA, het gesê groot getalle pendelaars moet dié twee paaie daagliks gebruik omdat daar nie behoorlike openbare vervoer is nie.

Dit geld ook diegene wat uit die Helderberg-gebied na die middestad moet kom om hier werk te soek.

Die tolpaaie sal net ’n groter las plaas op mense wat reeds swaarkry. Hy wil dus weet of die tolplanne aan die stad opgedwing gaan word, het Amira gesê.

Mnr. Xolani Sotashe, van die ANC, het gesê hy voel ook sterk oor die kwessie, maar sal sy standpunt later stel.

Me. Danetta Smit, van die DA, het bygevoeg dat die bekostigbare snelbusdienste wat vir die openbare vervoernetwerk beplan word, ook negatief getref sal word. Koste- en tydbesparings sal volgens haar deur die tolgeld en -hekke ongedaan gemaak word.

Me. Elizabeth Thompson, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, paaie en stormwater, het gesê sy beoog om teen die naweek die munisipale departement se standpunt oor die saak oor te dra.

Volgens Chinnappen het die publiek nog tot einde vandeesmaand kans om op die voorgestelde tolplan kommentaar te lewer.

Kommentaar


tolgelg 5/9/2008 9:35:39 AM
Ek dink dis verregaande dat ons regering dink dis reg dat ons so uitgebuit word!! ons salarisse gaan op met n paar rand en alles gaan daagliks op en dan dink die regering nog steeds tolgeld is regverdig werkgewers gee nie n flenter om of ons dit kan maak of niehul lewe lekker eet gesond so ook ons regering en te helmet ons armes ,wedevroue pensioenarisse en die armes mense wat nie eens weet waar die volgende brood vandaan sal kom nie!! en ons moet vir hulle stem!! -joanie

Tolhekke 5/9/2008 10:53:21 AM
Rentekoerse gaan op, petrolpryse gaan op, voedselpryse gaan op, salarisse bly laag, ons mense kan alreeds nie oorleef nie?!?!? Wil hul hê die hele kaap moet verarm en honger en haweloos rondlê? Ons probeer dan nou juis om Suid-Afrika op te bou en te sorg dat almal `n werk het sodat almal `n plekkie in die son het...... laat mens wonder. -Eleen

Tolgeld 5/9/2008 10:58:25 AM
Ek dink dit is 'n absolute belaglike idee! Ons betaal alreeds ten duurste vir petrol en diesel en nou moet ons nog tolgeld ook betaal. Ek bly op die platteland, dit kos my stad toe en terug met die nuwe brandstofprys ongeveer R300 en nou moet tolgeld ook nog ingereken word. Nee, weg met tolhekke asb!! -Kobus

Tolgeld 5/9/2008 10:59:24 AM
So omdat ek nou buite die grense van die metropool bly gaan ek nou gedwing word om geld te betaal om 'n pad te ry om by my werk te kom. Ek ek moet werk (anders ly my kinders honger) en elke dag betaal ek 'n klomp geld vir petrol om by my werk te kom. Alles gaan op agv die petrolpryse en nou nog moet ek geld betaal om 'n pad te ry wat nie eers onderhou word nie. Dit is verregaande! -Hanlie

Tol geld 5/9/2008 12:50:51 PM
Wat 'n skande. Met wat se geld is die paaie altyd in stand gehou? Hoekom moet eerlike werkende mense gestraf word om tolgeld te betaal, net om te werk om voedsel op die tafel te hê. Waar gaan alles op end. Gebruik tax geld en sorg dat alles wat moet in stand gehou word daarvan af kom. Ons moet tax betaal en tolgeld. En ons moet tenduurste nog vir voedsel en ander goed betaal. Wat het in tussen verkeerd geloop dat die wêreld in so gaos gedompel is? Ek wens die persone wat sulke goed uitdink waar om meer geld van die mense te kry wil ophou daar mee. Hulle doen meer skade as goed en verniel die mensdom. Gebruik die geld wat gein is vir die herstel van paaie. Geen wonder arm mense kom so in opstand nie. -Ai-Ai

lisensiekoste? 5/9/2008 1:09:10 PM
Is die feit dat voertuig lisensiering in die Wes Kaap die duurste is van al die provisies in SA nie op 'n stadium geregverdig deur te sê dat die WK die minste tolhekke het, en die balans uit lisensiegeld opmaak nie nie? Uit hierdie redenasie behoort lisensiekoste dan sekerlik verlaag te word as tolhekke vermeerder word? -Kobus

Tolgeld 5/9/2008 1:28:20 PM
Wat mgaan gebeur met ons wat elke dag op id epad is en volgens afsprake werk met kliënte? Kry 'n oproep vanaf kliënt 9hoo en maak 'n afspraak vir 13h00. Terug op kantoor in Parow 15h00 kry nog 'n oproep vir 'n kliënt wat my 16h00 wil sien. Weer tolgeld of hoe dan gemaak? -leon

Tolgeld 5/9/2008 2:57:13 PM
Ek bly in Somerset-wes en werk in Tableview. My Brandstofkoste is reeds meer as R2000 per maand [20% van my inkomste voor aftrekkings!]. Ek maak daagliks gebruik van die N2 en N1 roetes verbind deur die R300. Daar word geen sinvolle publieke vervoer alternatiewe aangebied nie! Dit sal afstuur op 'n ekonomiese ramp! Dis verregaande! Asseblief??? Of gaan ons geforseer word om sinvoller alternatiewe elders te gaan soek? -Johan

Tolgeld 5/9/2008 3:05:35 PM
Ek kan nie verstaan hoe daar tolgeld gehef kan word op 'n pad wat reeds daar is nie. Dis een ding om 'n nuwe, gerieflike pad te bou, en dan tolgeld te hef omdat dit dan 'n soort "luukse" is. Maar die N1 en N2 is paaie wat al jare bestaan, en hulle is lankal klaar betaal. En moenie vir my sê dis vir instandhouding van die twee paaie nie. Die stadsraad maak reeds enorme bedrae geld uit lisensien en boetes, en moenie vergeet dat 'n sekere persentasie van die brandstofprys ook vir paaie gaan. Ek het presies dieselfde probleem met plekke wat op parkeerterriene wat al jare bestaan, nou ewe skielik geld vra om daar te parkeer.Dis absurd! Hoekom betaal mense dit? Weerneens - as dit 'n nuwe parkeerterrein is wat spesiaal gebou moes word, kan ek dit vestaan. Ek weier volstrek om na 'n winkelsentrum te gaan waar ek gedwing word om te betaal vir parkering. Hoekom moet ek betaal om my geld daar te gaan spandeer? Die kostes vir 'n parkeerterrein val mos saam met die boukoste van die gebou? Dus moet daai geld ingereken word by die besighede se huurgeld. Ek sien in die laaste sin van die artikel die publiek het nog tot die einde van die maand om beswaar aan te teken oor die voorgenome tolgeld. Kan iemand my dalk sê waar mens kan kla? My epos adres is antonz@therugby.co.za. -Anton Zeelie

Telgelde 5/9/2008 3:48:10 PM
Ek is seker daar is ander mense wat net so GATVOL is soos ek vir mense wat altyd KLA oor alles. TOLGELDE is 'n goeie ding. Dit sal die verkeer op die paaie minder maak en mense forseer om meer as net een in 'n voertuig te ry en ook om van die treine en publieke vervoer gebruik te maak wat daar in werking is maar nie opgegradeer kan word omdat daar te min mense is wat die publieke vervoer gebruik. Ons is almal te gemaksugtig en selfgesentreerd en dit is waarom ons altyd almal kla oor enige voorstelle wat gemaak word om lewens kwalitiet vir ALMAL te verbeter. WORD WAKKER mense ons moet verandering kan aanvaar. BRING DIE TOLGELD IN WANT ALMAL WAT WIL SAL DIT BETAAL -Anoniem

Tolgeld 5/9/2008 4:04:48 PM
Aggenee man!! WAT NOG??? Wat van 'n doenbare oplossing wat nie nog verder in die verbruiker se beursie rondskraap vir die laaste paar sente nie? Is dit so verregaande om ons beheerrade te vra vir 'n werkende oplossing en om openbare vervoerstelsels ten minste 'n opsie te maak vir almal? Ek sal sorg dat ek verseker nie in die Kaap is met Wereldbeker Sokker tyd nie. Met 'n roete wat my reeds 'n uur en 40 minute duur (op 'n baie goeie dag met geen ongelukke nie) - hoe op dees aarde gaan enigiemand tydens daardie tyd betyds by die werk kom? Dis alreeds 'n half hopelose situasie waar jy maar hoop vir die beste en vir werkgewers wat verstaan. My wekker word alreeds elke paar maande NOG 'n halfuur vroër gestel om nog meer voertuie te akkommodeer. Openbare vervoer is die ENIGSTE moontlike oplossing - geld en tyd moet onmiddellik aan infrastruktuur spandeer word. -Pikanien

Tolgeld 5/9/2008 4:08:58 PM
Dit is absoluut belaglik wat deesdae in ons land " Die groener weiveld " Suid Afrika aangaan.Met die oorgang van die nuwe regering het alles in `n gemors gedompel.Ek self is `n gekleurde persoon maar verlang vandag terug na die apartheid jare.Ek is vandag bitter spyt ek het my kruisie by die eerste demokratiese verkiesing gaan trek.Almal wil sy plekkie op die soustrein verseker,en dit is wat deesdae gebeur. -Bitter spyt

Tolgeld 5/9/2008 4:14:16 PM
Ek gaan definitief probeer om nie van die tolpaaie gebruik te maak, AS hulle eendag ingestel word. Dit beteken net meer verkeer deur residensiele strate in die metropool. Idiotiese besluit, plus heffings vir paaie is alreeds ingesluit in die prys van petrol? -Jakie

 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |