Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Nuus
Chikane ‘verander deuntjie’ in Ginwala-verhoor
08/05/2008 09:49:59 PM - (SA)

JOHANNESBURG. – Verlede jaar het hy hulle openlik in ’n Sondagkoerant geloof. Nou, voor die Frene Ginwala-ondersoek, het eerw. Frank Chikane geen goeie woord oor die nasionale vervolgingsgesag (NVG) waarvan adv. Vusi Pikoli as hoof geskors is nie.

Chikane, direkteur-generaal in pres. Thabo Mbeki se kantoor, se getuienis voor die Ginwala-kommissie verskil duidelik van dít wat hy verlede jaar in City Press oor die NVG geskryf het.

Dié teenstrydigheid hou verband met die NVG se hantering van die vervolging van oudminister Adriaan Vlok en vyf ander.

Adv. Wim Trengove SC, vir Pikoli, het gister op die tweede dag van die Ginwala-verhoor in Johannesburg, waarin bepaal moet word of Pikoli geskik is om sy amp te beklee, dié teenstrydigheid uitgewys.

Mbeki het Pikoli op 23 September 2007 geskors – kort nadat die Skerpioene ’n lasbrief verkry het om komm. Jackie Selebi, nasionale polisiehoof, te arresteer en sy kantoor en huis te deursoek.

Volgens Pikoli is die Selebi-ondersoek die hoofrede hoekom hy geskors is.

Die regering voer egter aan verskeie redes het tot sy skorsing gelei.

Een was glo die manier waarop die NVG die saak teen oudminister Adriaan Vlok en ander, wat Chikane wou vergiftig, behartig het.

Adv. Tim Bruinders SC, ook vir Pikoli, het Chikane uitgevra oor wat hy in Augustus 2007 in City Press geskryf het oor hoe tevrede hy met die proses was.

“Eers ’n maand nadat Pikoli geskors is en nou ook hier by die (Ginwala-) ondersoek, het u ’n ander standpunt.

“Dit is ’n weerspreking,” het Bruinders gesê.

Volgens Chikane wou hy nie sy klagtes in die openbaar bespreek nie en glo hy nie dit is ’n weerspreking nie.

Nog ’n sleutelfiguur aan die staat se kant, adv. Menzi Simelane, direkteur-generaal van justisie, het gister gesukkel om Pikoli se skorsing te regverdig.

Volgens Trengove was die staat oneerlik in aanvanklike getuienis aan die Ginwala-ondersoek.

Simelane was die hoof van die span wat die staat se voorlegging vir die Ginwala-ondersoek opgestel het.

“Die staat het belangrike inligting – wat oor gebeure kort voor Pikoli se skorsing handel – uit sy verklarings gelaat.

“Dit was oneerlik,” het Trengove aan Simelane gesê.

Hy het verwys na vergaderings en korrespondensie tussen me. Brigitte Mabandla, minister van justisie, en Pikoli. In ’n brief op 18 September het Mabandla vir Pikoli gevra om die ondersoek na Selebi te staak.

“Ek moet eers tevrede wees dat dit in die openbare belang is voordat u kan voortgaan met u beoogde optrede (die arrestasie van Selebi),” lui die brief.

Trengove meen só ’n versoek is ’n direkte verontagsaming van die land se Grondwet. “Dit wys dat Pikoli se skorsing direk verband gehou het met die Selebi-ondersoek.”

Die verhoor word vandag hervat.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |