Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » Kaapstad 15º/16| Worcester 16º/21| George 12º/22| Port Elizabeth 13º/24 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Kurt Darren
Kurt Darren
Nuus
Darren sing by Madiba se 90ste
08/05/2008 09:50:54 PM - (SA)

PRETORIA. – Kurt Darren is die enigste Afrikaanse kunstenaar wat genooi is om op 27 Junie vanjaar in Hyde Park, Londen, op te tree ter viering van oudpres. Nelson Mandela se 90ste verjaardag.

“Dit is die hoogtepunt van my loopbaan en ’n reusevoorreg,” het dié sanger, wat onlangs met die Sama-toekenning in die afdeling beste Afrikaanse sokkiedans-album bekroon is, gesê.

“Ek is trots daarop om ’n Afrikaanse sokkiedanskunstenaar te wees,” het hy gesê toe hy sy Sama-beeldjie in ontvangs geneem het.

Darren vertel dat hy Madiba onlangs ontmoet het en skoon klein in sy teenwoordigheid gevoel het.

“Ek kon ’n tydjie met hom gesels, en wát ’n ondervinding was dit nie om in sy teenwoordigheid te wees en toegevou te word in ’n aura van menslike grootheid nie.”

Volgens dié sanger was hy skoon oorstelp oor dié uitnodiging. Hy gaan die Hyde Park-verhoog met heelparty wêreldsterre – onder andere Queen en Paul Rodgers, Annie Lennox, Simple Minds, Eddy Grant en Shirley Bassey – deel.

“Daar is sprake van ’n duet met ’n internasionale superster en ek sal moontlik ook ‘Standing on the Edge’ sing. En, wie weet, dalk vra hulle my om ook ’n Afrikaanse liedjie te sing as daar tyd is.”

Die ander Suid-Afrikaanse kuns­tenaars wat genooi is, is Johnny Clegg, Sipho Mabuse en die Soweto Gospel Choir.

Van die wêreld se bekendste politici, sakelui, sportlui en vermaaklikheidskunstenaars sal dié drie dae lange feesviering bywoon. Onder hulle is oudpres. Bill Clinton van die VSA, die Britse eerste minister, mnr. Gordon Brown, Oprah Winfrey, Robert de Niro, Will Smith en die F1-renjaer Lewis Hamilton.

Die fondsinsamelingprojekte is ten bate van die 46664-veldtog vir die bewusmaking oor MIV/vigs.

Ander organisasies wat by die konsert gaan baat vind, is die Nelson Mandela-stigting, die Nelson Mandela-kinderfonds en die Mandela-Rhodes-stigting.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |