Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Nuus
Te min slaap maak glo vet
08/05/2008 09:19:56 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Minder as ses uur slaap kan vet maak.

Én dit kan veroorsaak dat ’n mens meer drink en rook.

In ’n Amerikaanse studie waarin die verband tussen slaappatrone en gesondheidsrisiko’s ondersoek is, is bevind daar ís ’n duidelike verband tussen slaap en vet boepies, swaar drinkers én rookgewoontes.

Luidens die bevindinge drink mense wat minder as ses uur per nag slaap, baie meer as mense wat gemiddeld tussen sewe en agt uur se slaap inkry. Die mense rook ook meer en neig om minder aktief te wees.

Mense wat met minder as ses uur slaap hul dag aandurf, neig ook om meer oorgewig te wees, is bevind.

Dr. Irshaad Ebrahim, van Sleep Centre in Constantia, wat slaappatrone bestudeer, het gister gesê dié bevindinge moet met versigtigheid benader word.

“Die omgekeerde kan ook waar wees. Mense wat te veel rook en drink, sal juis net ses uur slaap weens dié gewoontes,” meen hy.

“Dit bring ons weer by die hoender-en-eier-argument. Wat kom eerste?”

In die Amerikaanse studie word verwys na sowat 70 miljoen Amerikaners wat slaapversteurings het.

Ebrahim meen daar is nie definitiewe syfers vir Suid-Afrika nie, maar voorspel dat Suid-Afrikaners se slaappatrone onder geweldige druk kan wees in die lig van die gewelddadige samelewing waarin hulle woon.

“Mense besef nie die waarde van ‘slaaphigiëne’ nie,” het Ebrahim gesê.

“Gesonde slaap het gesonde gewoontes nodig.

“Mense moet vasgestelde slaaptye hê en alkohol-inname spesifiek voor slaaptyd, maar ook in die algemeen, verminder.

“Jou slaapkamer behoort jou heiligdom te wees. Daar slaap jy,” het hy gesê.

Die belang van slaap word dikwels onderskat.

“Genoeg slaap is belangrik vir die liggaam se natuurlike ritme.

“Wanneer nóg die liggaam nóg jou omgewing skoon is, gaan voldoende slaap belemmer word en die ritmes uiteraard versteur word,” het hy gesê.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |