Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die Pikoli-kamp: Adv. Vusi Pikoli (regs), nasionale direkteur van openbare vervolging, word gister omring deur sy regspan in ’n verhoor wat deur dr. Frene Ginwala behartig word. Foto: NARDUS ENGELBRECHT
Die Pikoli-kamp: Adv. Vusi Pikoli (regs), nasionale direkteur van openbare vervolging, word gister omring deur sy regspan in ’n verhoor wat deur dr. Frene Ginwala behartig word.    Foto: NARDUS ENGELBRECHT
Nuus
Mbeki ‘wou Selebi-saak stuit’
07/05/2008 09:55:25 PM - (SA)

JOHANNESBURG. – Pres. Thabo Mbeki wou keer dat die Skerpioene komm. Jackie Selebi, polisiehoof, arresteer en vervolg.

Só voer adv. Vusi Pikoli, nasionale direkteur van openbare vervolging, aan in sy beëdigde verklaring wat gister op die eerste dag van die Ginwala-verhoor ter tafel gelê is.

Dié verhoor word in die vergadersaal van die Johannesburgse metroraad gehou.

Dr. Frene Ginwala is in September deur Mbeki aangestel om te kyk of Pikoli geskik is om sy werk te doen.

Pikoli is op 23 September 2007 deur Mbeki geskors – kort nadat die Skerpioene ’n lasbrief verkry het om Selebi te arresteer en sy kantoor en huis te deursoek.

“My skorsing het ten doel gehad om die ondersoek na en vervolging van komm. Selebi te frustreer,” lui Pikoli se verklaring. “Dit was om ’n stok in die wiel van die ondersoek te steek.”

Eerw. Frank Chikane, direkteur-generaal in die president se kantoor, het dít gister teenoor Ginwala ontken.

“In geen stadium het die president (Mbeki) gesê dat ’n amptenaar van die regering nie gearresteer en vervolg mag word nie.

“Ons het nie ’n probleem met die ondersoek nie, maar met die manier waarop die direktoraat vir spesiale operasies (die Skerpioene) verrigtinge gehanteer het,” het Chikane gesê.

Volgens Pikoli het hy uit sy pad gegaan om Mbeki en me. Brigitte Mabandla, minister van justisie, oor die ondersoek na Selebi ingelig te hou.

Hy het daarop gewys dat hy sedert 2006 Mbeki en Mabandla tien keer gespreek het om die Selebi-ondersoek te bespreek.

Pikoli het ook daarop gewys dat Mbeki in Maart 2007 geïrriteerd was omdat Pikoli geweier het om Selebi by ’n vergadering in te sluit waar die ondersoek na die polisiehoof bespreek is.

Dié vergadering sou wees tussen Pikoli, Mabandla en mnr. Charles Nqakula as minister van veiligheid en sekuriteit.

Pikoli voer ook aan Mbeki het in November 2006 ’n beëdigde verklaring van mnr. Clinton Nassif, voormalige veiligheidskonsultant van die vermoorde mynmagnaat mnr. Brett Kebble, onder oë gehad.

Tot op hede het Mbeki ontken dat hy enige beëdigde verklarings gesien het wat oor die ondersoek na Selebi handel.

Volgens Pikoli het die staat sedert verlede jaar verskeie kere die redes vir sy afdanking verander.

“Dit is duidelik dat dít (die ondersoek na Selebi) die rede vir my skorsing was,” lui Pikoli se verklaring.

Gister was die eerste dag van die drie dae lange Ginwala-verhoor. Dit word vanoggend hervat.

Ginwala sal ná die verhoor ’n verslag opstel wat aan Mbeki voorgelê sal word.

Mbeki sou dan eers die goedkeuring van die parlement moet verkry om Pikoli af te dank, indien wel.

As die afdanking afgekeur word, sal Pikoli tot 2015 aan die hoof van openbare vervolging staan.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |