Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
David Kramer wag gister vir sy beurt om in die verhoor te getuig.Foto: STEPHEN WILLIAMS
David Kramer wag gister vir sy beurt om in die verhoor te getuig.   Foto: STEPHEN WILLIAMS
Nuus
Hendricks: Najwa probeer glo spore doodvee
07/05/2008 09:35:44 AM - (SA)

KAAPSTAD. – Mev. Najwa Petersen het vermoedelik haar spore probeer doodvee toe sy die nommer van mnr. Fahiem Hendricks – die man wat sy glo vir die moord op haar man, Taliep, gehuur het – op haar selfoon uitgewis het kort voordat die polisie die foon wou ontleed.

Supt. Piet Viljoen, bevelvoerder van die eenheid teen georganiseerde misdaad, het gister in die hooggeregshof hier getuig mev. Petersen het dit later teruggevra omdat sy ’n nommer daarop gesoek het.

Viljoen het getuig hy het al die nommers neergeskryf van die laaste uitgaande oproepe wat mev. Petersen gemaak het.

Hy het ook met behulp van ’n spesiale rekenaarprogram alle inligting op die foon na ’n rekenaar oorgedra.

“Ek het in ’n latere stadium – toe ek na die gedetailleerde selfoon­rekening gekyk het – gesien daar verskyn ’n nommer wat die aand van die moord tien keer gebel is, wat nie op die telefoon se uitgaande oproeplys was (wat ek neergeskryf het) nie.

“Ek het die afleiding gemaak dat sy dié nommer uitgewis het. Ek het gesien dit is as ‘Fahiem Piele’ op haar selfoon gestoor.” Die hof het voorheen getuienis gehoor dat dít Hendricks se bynaam is.

“Ek het dadelik vir die ondersoekspan gesê hulle moet uitvind wié Fahiem Piele is. Ek het ’n gevoel gehad hy weet dalk wat gebeur het.

“Ek het ook vir hulle gesê hulle moet dieper na mev. Petersen kyk as ’n verdagte.”

Die hof het gehoor Hendricks se nommer – wat tientalle kere voor die moord gebel is – het die polisie “op die spoor” van Hendricks geplaas.

Viljoen het vroeër getuig hoe hy die oggend van 17 Desember by die moordhuis opgedaag het. Hy het mev. Petersen gevra wat gebeur het. Sy het gesê hulle is beroof en het Viljoen na die kluis geneem.

Volgens Viljoen het hy toe reeds onraad vermoed weens die waardevolle items wat nog in die kluis was. Dit sluit juweliersware, ’n handrekenaar, sonbrille, muntstukke en note in.

“Geen huisrower sal daardie items in die huis los nie,” het hy gesê.

Adv. Klaus von Lieres und Wilkau SC, vir mev. Petersen, het dit aan Viljoen gestel dat hy oor mev. Petersen bespiegel.

Kapt. Kenneth Speed, wat aanvanklik ook lid van die ondersoekspan was, het getuig oor die aantal oproepe wat mev. Petersen na Hendricks se nommer gemaak het.

Volgens die selfoonrekening het sy Hendricks op 13 Desember sewe keer gebel. Op 14 Desember het sy hom 26 keer gebel, die dag daarna het sy vier oproepe na die nommer gemaak, en tien op die dag van die moord.

“Het u haar gevra waaroor hulle in kontak was?” wou Von Lieres und Wilkau by Speed weet.

Speed het geantwoord hy hét mev. Petersen gevra.

“Sy het eers gesê sy en Hendricks was in ’n diamant-transaksie betrokke. Sy het egter dié storie verander en gesê hulle was in ’n verhouding.”

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |