Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Me. Jawaahier Petersen gister buite die hof nadat sy getuig het.Foto: YUNUS MOHAMED
Me. Jawaahier Petersen gister buite die hof nadat sy getuig het.   Foto: YUNUS MOHAMED
Nuus
Taliep wou skei ná messteek in nek
05/05/2008 10:32:11 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Taliep Petersen het vir sy lewe gevrees en was vasbeslote om van sy vrou te skei ná ’n voorval waarin sy hom in sy slaapkamer met ’n mes in die nek gesteek het.

In dié voorval – wat mev. Najwa Petersen Maandag by monde van haar regsverteenwoordiger erken het – het sy “demonies” voorgekom, het die hof gister gehoor.

’n Stampvol hofsaal het ook gehoor hoe Taliep glo albei sy huwelike met sy ouer suster en vertroueling, mev. Tagmeeda Johnson, bespreek het.

“Die eerste een was vir hom erg, maar dié een (met mev. Petersen) was tien keer erger,” het sy gesê.

Johnson het gesê haar broer en mev. Petersen se huwelik was die eerste paar jaar “lieflik”, maar het in die laaste vier jaar ’n drastiese draai gemaak. Hy’t glo aan haar vertel dit werk nie en dat hy dit oorweeg om ’n huis vir hom en sy kinders te koop.

Ná die messteek-voorval op 13 April 2006 – twee dae voor sy verjaardag – het Taliep glo aan Johnson gesê hy vrees vir sy veiligheid en dié van sy kinders.

Die egpaar het glo ook nie meer seks gehad nie.

Johnson het gesê mev. Petersen het ná die voorval by haar in die hospitaal (waar mev. Petersen opgeneem is vir evaluasie) gehuil en gesê Taliep wil haar los.

“Ek het vir haar gesê: ‘As hy jou wou los, sou hy al.’ Ek kon nie vir haar sê wat ek vroeër met my broer bespreek het nie, want dit was tussen ons twee.”

Adv. Klaus von Lieres und Wilkau SC, vir mev. Petersen, het gesê sy kliënt erken die messteek-voorval, maar het geen herinnering daaraan nie.

Intussen het nóg ’n getuie gister oor dié aand getuig. Me. Jawaahier Petersen, Taliep se naasoudste dogter, het getuig hoe sy dié aand op haar bebloede pa afgekom het.

“Ek kon eers niemand sien toe ek in die kamer ingaan nie, en my pa het gesê ek moenie uit-freak nie.”

Nadat sy die ligte aangeskakel het, het sy net oral bloed gesien.

Volgens haar het mev. Petersen agter Taliep gesit met ’n mes in haar hand. “Haar oë was droopy en ietwat demonies. Sy het geklink soos iemand wat besete is.”

Nadat Taliep die mes by mev. Petersen afgevat het, het hy dit aan die huishulp gegee en haar gevra om dit te gaan was. Hy wou nie gehad het die mesvoorval moes aan die publiek bekend gemaak word nie.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |