Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Mes. Mymuna Bedford (links) en Maátoema Groenmeyer gister in gesprek by die Kaapse hooggeregshof. Foto: YUNUS MOHAMED
Mes. Mymuna Bedford (links) en Maátoema Groenmeyer gister in gesprek by die Kaapse hooggeregshof.    Foto: YUNUS MOHAMED
Nuus
Najwa ‘sweer op graf’ oor moord
25/04/2008 01:27:54 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Mev. Najwa Petersen het “op haar pa se graf” aan ’n voormalige beste vriendin gesweer dat sy niks met haar man, Taliep Petersen, se moord te doen gehad het nie.

Die hof het ook gehoor me. Mymuna Bedford was die persoon wat die nommer van mnr. Fahiem Hendricks – die man wat Petersen glo gevra het om die moord te reël – aan Petersen gegee het sonder om iets “sinisters” daarvan te dink.

Bedford ken ’n broer van Hendricks en het by dié broer sy nommer gekry. Sy het twee blokke van Hendricks gebly toe Petersen haar dié “guns” in November 2006 gevra het.

Sy het gister in ’n vol hof getuig sy en Petersen was egter ná die moord in ’n konfrontasie betrokke nadat Bedford haar uitgevra het oor bewerings dat sy en Hendricks in ’n verhouding was. Die bewerings het sy by die polisie gehoor toe sy oor die moord ondervra is.

“Ek het haar, nadat ek ondervra is, gevra: ‘Wie de f—k is Fahiem?’ Najwa se huishulp het gesê dit was die man wat ek vroeër tydens Najwa se Eida (die periode waarin Moslemvroue oor hul mans rou en nie in die geselskap van vreemde mans gesien mag word nie) in Najwa se huis gesien het.”

Bedford het gesê sy het dié man toe weggejaag.

“Ek het vir Najwa gevra: ‘Dáárdie stukkie gemors? Ek sou nie my lippe aan hom sit nie’.”

Die publiek en die regter het hard gelag. Petersen self het geglimlag.

“Ek weet Najwa sou nooit ’n verhouding aanknoop nie, veral nie met iemand soos dáái nie.”

Petersen het later wél aan haar verduidelik Hendricks is iemand wat haar geld skuld en wat diamante namens haar verkoop.

Bedford het gesê sy het Hendricks by meer as een geleentheid weer by mev. Petersen se huis gesien.

Een van Taliep se susters, mev. Maátoema Groenmeyer, het gister ook getuig oor wat mev. Petersen haar van die moordaand vertel het.

“Ek het aan haar (Petersen) gevra of sy enigiets met die moord te doen gehad het. Sy het net haar kop geskud en ontkennend gemompel. Dit was nie ’n oortuigende antwoord nie,” het Groenmeyer gesê.

Volgens haar het Petersen aan haar gesê Taliep en een van sy aanvallers het die aand by haar slaapkamer ingekom terwyl sy (Petersen) geslaap het.

“Sy (Petersen) beweer sy het ’n sak geld uitgehaal en dit aan die aanvaller gegee. Ek het haar gevra of Taliep dan niks gesê het nie. Sy’t gesê ‘nee’.”

Sy het gesê Petersen het aan haar gesê die laaste keer dat sy haar man gesien het, was toe hy in die televisiekamer op sy knieë moes afgaan.

Groenmeyer het gesê sy deel die mening met haar broer, mnr. Ig­saan Petersen, dat mev. Petersen se familie vir die moord “verantwoordelik” is.

Adv. Klaus von Lieres und Wilkau SC, vir Petersen, het dit egter aan Groenmeyer gestel dat Taliep en die aanvaller mev. Petersen nié op die aand van die moord wakker gemaak het nie. “Sy sê Taliep was te alle tye in die TV-kamer.”

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |