|
|||||||||||
|
Nuus
Taliep se suster getuig oor Najwa en moordaand
24/04/2008 01:52:14 PM - (SA)
Een van Taliep Petersen se susters het Donderdag in die Kaapse Hooggeregshof getuig mev. Najwa Petersen het haar sowat drie weke ná sy moord ingelig wat die aand in die moordhuis gebeur het.
Mev. Maátoema Groenmeyer het in ’n stampvol hofsaal hiervan getuig.
Sy het gesê mev. Petersen het aan haar gesê dat sy die aand geslaap het toe haar man met ’n oortreder in haar slaapkamer ingekom het. Dié man het glo ’n vuurwapen teen Taliep se kop gehou.
Petersen het by monde van haar regsverteenwoordiger, adv. Klaus von Lieres und Wilkau SC, egter dié weergawe ontken en gesê Taliep was in die televisiekamer en nooit in haar slaapkamer daardie aand nie.
Mev. Petersen staan saam met mnre. Abdoer Emjedi, Walleed Hassen en Jefferson Snyders tereg op dié moord.
Petersen is in Junie verlede jaar in hegtenis geneem nadat haar man kort ná 23:00 op 16 Desember 2006 in sy huis in Athlone deur aanvallers doodgeskiet is ná hy glo sy deur vir hulle oopgemaak het.
Die saak voor regter Siraj Desai duur voort.
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |