Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Me. Susan Shabangu
Me. Susan Shabangu
Nuus
Regering ‘moet sê oor Shabangu’
23/04/2008 01:22:26 AM - (SA)

KAAPSTAD. – Dit is tyd dat die regering duidelik sê of die skiet-uitsprake van die adjunkminister van veiligheid en sekuriteit met sy beleid strook of nie, sê mnr. Jody Kollapen, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK).

Hy het gereageer op ’n onderhoud met me. Susan Shabangu wat gister in die Cape Times en Pretoria News gepubliseer is en waarin sy sê lede van die publiek hoef nie ’n waarskuwingskoot af te vuur voordat hulle vir die doodskoot op misdadigers aanlê nie.

Dit volg op haar onlangse uitsprake dat die polisie moet skiet om dood te skiet en het gister aansluiting gevind in ’n brief aan die Cape Argus waarin mnr. Hangwani Mulaudzi, adjunkdirekteur van kommunikasie van die departement van veiligheid en sekuriteit, sê die regering het oorlog teen misdaad verklaar.

“Een gewapende misdadiger, een koeël!” het hy geskryf.

“Shabangu se uitsprake is geweldig populisties en gee haar profiel ’n hupstoot, maar ongelukkig woon ons in ’n grondwetlike demokrasie waar wette en reëls nie sommer by die venster uitgegooi kan word nie,” het Kollapen gister gesê.

Shabangu het in die onderhoud gesê daar bestaan ’n misvatting dat lede van die publiek wat bedreig word ’n waarskuwingskoot moet aftrek voordat hulle na die bedreiger mik: “Daar is nie só ’n wet nie . . . ’n Misdadiger mik met ’n geweer in jou rigting en jy het ’n wettige vuurwapen. Hoe skiet jy ’n waarskuwingskoot?” wou sy weet.

Shabangu, wat die stang klaarblyklik styf tussen haar tande vasbyt oor dié saak, het Kollapen ook bygekom: “Hy sê ek wangedra my asof hy sy klein dogtertjie berispe. Hy kan sê wat hy wil. As hy deel van hierdie land is, kan hy nie aanhou om menseregte te hanteer sonder om dit in perspektief te plaas nie.

“As hy ’n probleem het, moet hy na misdaadslagoffers gaan kyk. Hy moet na hulle luister. Hulle is wandelende dooies. Hulle is dood. Hulle verloor hul selfrespek.”

Kollapen het gister gesê die SAMRK het reeds aan Shabangu geskryf om duidelikheid oor haar uitlatings te kry.

“Die tyd het gekom vir dié op die hoogste vlakke van regering om te sê of sy regeringsbeleid verwoord. Ons wil duidelikheid oor die oppergesag van die reg hê, of is dit die Wilde Weste waarin ons bly?

“Die gebrek aan kommunikasie van ons leiers hieroor is kommerwekkend. Ek sou glo sy moet in die bek geruk word óf ondersteun word,” het Kollapen gesê.

Volgens hom skep Shabangu se uitlatings onsekerheid in die gemoed van die burgery sowel as die polisie omdat sy nie duidelik is oor wat die wet bepaal nie: “Daarin word gepraat van proporsionele reaksie op die bedreiging. ’n Mens kan nie net gaan skiet nie. As jy dus iemand in jou tuin platskiet sonder dat jy bedreig word, gaan Shabangu met jou regskoste help?”

Shabangu het nog nie op die SAMRK se brief gereageer nie.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |