Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Me. Susan Shabangu
Me. Susan Shabangu
Nuus
Shabangu in bek geruk ná sy polisie aansê om dood te skiet
11/04/2008 08:19:00 AM - (SA)

PRETORIA. – Me. Susan Shabangu, ­adjunkminister van veiligheid en sekuriteit, staan by haar stellings dat polisielede moet skiet om dood te skiet.

Shabangu het die gewraakte stelling op ’n imbizo eergister in Elandspoort, Pretoria-Wes, gemaak.

Me. Noxolo Kweza, Shabangu se woordvoerder, het gister gesê die minister gaan nie haar uitlating terugtrek dat polisielede misdadigers moet doodskiet as hulle polisiebeamptes se lewe bedreig nie.

Volgens Kweza word polisielede boonop nie aan hul eie lot oorgelaat wanneer hulle om watter rede ook al voor die hof gedaag word nie, maar word die minister van veiligheid en sekuriteit saam met hulle aangekla.

“Polisielede is nie op hul eie wanneer hulle voor die hof verskyn nie.”

Politieke partye en instansies het gister onder Shabangu ingeklim.

Me. Dianne Kohler-Barnard, DA-woordvoerder oor veiligheid en sekuriteit, het gesê terwyl Shabangu se uitlating byval vind by die meeste Suid-Afrikaners wat siek en sat vir misdaad is, is dit ’n verbasende erkenning van die mislukking aan die kant van die regering.

Shabangu se uitlating kom egter neer op ’n “Wilde Weste-benadering” wat geen regsgronde het of op deeglike polisiëringspraktyk dui nie.

Mnr. Pieter Groenewald, woordvoerder oor veiligheid en sekuriteit van die VF+, het gesê Shabangu se uitlating is ’n erkenning en ’n noodkreet oor die misdaadsituasie in die land.

“Polisielede weet egter onder watter omstandighede hulle wel mag skiet, en dit moet nagekom word.”

Hy meen Shabangu stuur ten minste ’n sterk boodskap aan misdadigers uit en dit is die regte sein.

Mnr. Simon Grindrod, onderleier van die OD, het gesê die reëls oor wanneer polisielede mag skiet, moet baie duideliker uitgestippel word.

“Wanneer ’n misdadiger ’n wapen rig of dreig om ’n polisiebeampte of lid van die publiek dood te maak, moet die polisie nie huiwer om te skiet nie.”

Mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum, het gesê dié organisasie is ten gunste van sterk optrede teen misdadigers, maar het gemaan dat die owerhede in die verlede telkemale stappe gedoen het teen misdaadslagoffers wat teen huisrowers opgetree het.

“Dit is onverantwoordelik van Shabangu om sulke uitsprake binne die ­regering se huidige wetsraamwerk te maak, waar misdadigers se regte meestal bo dié van slagoffers gestel word.”

Dr. Johan Burger, ’n senior navorser aan die Instituut vir Sekerheidstudie, het egter gesê Shabangu behoort haar stelling terug te trek.

“Die minister het nie die bevoegdheid om vir iemand te sê om buite die wet op te tree nie.

“Ek dink dit was ’n onverantwoordelike ding vir ’n minister om te sê.

“Die Strafproseswet gee reeds ’n sogenaamde lisensie om te skiet (art. 49 van die Strafproseswet), maar onder spesifieke omstandighede. Die minister het nie dié omstandighede genoem nie.

“Die minister kan nie goed sê wat nie in ooreenstemming met die wet is nie. Dit was onverantwoordelik en sy behoort ’n regstelling daaroor te maak.”

Mnr. Benzi ka-Soko, woordvoerder van die Police and Prisons Civil Rights Union, het gesê die regering moet ook daar wees vir polisiebeamptes as hulle voor die reg te staan kom (as hulle byvoorbeeld iemand sou skiet).

Dit lyk of misdadigers koning kraai en die huidige wetgewing behoort aangepas te word om polisiebeamptes te bemagtig.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ook kommer oor Shabangu se uitsprake uitgespreek.

“Die stellings kan net as aanhitsend, ­minagtend en ondermynend van die reg beskryf word,” sê die kommissie in ’n verklaring.

Kommentaar


Shabangu 4/11/2008 8:32:54 AM
Mooi gese minister. Die ANC moet nou ophou om die misdadiger te beskerm! Kyk na jou wetsgehoorsame, belastingbetalers en roei diemisdadiger uit! -jacques

4/11/2008 9:15:39 AM
Ek dink dit is waarvoor elke Suid-Afrikaner al lankal wag!! Ek dink die wat negatiewe kritiek wil lewer moet besluit wat hulle wil he vir hulle land.....Soek jy beskerming en veiligheid of soek jy iets wilder as die wildtuin waar misdaad soos moord, diefstal en verkragting seevier? Ek kan eintlik nie omgee dat die minister buite die wet opgetree het nie. Ten minste het sy die moed gehad om so stelling te maak en haar deel te maak van die slegte situasie in ons land..... Dis net jammer dat hierdie stelling eintlik maar net weer op dowe ore gaan val. -Pete

Shabangu 4/11/2008 9:18:26 AM
Dis die regte houding wat ingeneem moet word, lei net die polisie reg op om binne die wet dood te skiet. Kriminele mag dood maak, hoekom nie die polisie nie. -Martin

Misdadigers 4/11/2008 9:19:03 AM
Ek is van mening dat dit nie die minister se bedoeling was om 'n "Cowboys en Crooks" bedeling in te lei nie. Hierdie gewoonte van die opposisie en allerlei organisasies om gedurig hande omhoog te gooi en uitsprake letterlik en figuurlik op te neem om sodoende ook nuus te maak is negatief. Wat van " Ons is bly dat iemand eindelik opstaan teen die vlaag van misdaad op so 'n wyse dat misdadigers daarvan kennis neem. Ons glo dat die polisie nou weet waar hulle staan en dat binne die wette van uitvoering van hul pligte hulle dit ten strengste sal uitvoer." Dit moet lekker wees om so baie tyd op jou hande te hê om gedurig jou mond te kan uitspoel oor ander so woord keuses in die hitte van die oomblik. Komaan mense saamstaan en werksaam. -Mia Coetzee du Plessis

Shabangu 4/11/2008 9:22:10 AM
Hierdie land het beslis nog n paar Shabangus nodig.Hoe lank gaan ons nog toekyk hoe onskuldige mense vermoor word? Die staat het die mag van die swaard gebruik dit om hemelsnaam en maak skoon ons almal wil graag in vrede en liefde leef. -Voorheen verlig

Shabangu 4/11/2008 10:04:45 AM
Moet erken - ek hou van die minister se optrede, ons het meer soos sy nodig. Ek dink nie enige een sê skiet voor die voet nie, maar misdadigers het 'n paradys in hierdie land. Dis tyd dat die wetsgehoorsame burgers die land terug vat. En misdadigers verstaan net een taal! Aan die MRK - julle ou deuntjie raak ook nou afgesaag: praat, praat, praat en niks gebeur nie. Hoeveel keer moet ons dit nog vra: waar is die regte van die onskuldiges as hulle beroof, verkrag en vermoor word. Ek is keelvol vir misdadigers se regte, hulle voel vere vir myne. Mooi so, minister Shabangu. Ek hoop jy kry sommer vinnig 'n pos waar jy meer invloed het! -Johan

Shabangu 4/11/2008 10:17:15 AM
Dit kom voor asof doe sogenaamde menseregte net vir die misdadigers geld en nie vir die slagoffers nie. Nou dat die Minister net 'n punt gemaak het waar sy eintlik misdaad veroordeel, is sy weer die "slagoffer". Wat gaan aan met die mensdom? Aan die 1 kant veroordeel hulle misdaad, maar sodra daar teen misdadigers opgetree word, dan veroordeel hulle die slagoffer! -Wolfenstain

4/11/2008 10:37:45 AM
Ek ondersteun die DA etc en verstaan hulle punt, maar selfde tyd moet hulle onthou: SA is lankal nie meer 'n fairytale nie. Misdaad is genadeloos, en in so 'n situasie werk oog vir 'n oog ;) -Mel

Shabangu 4/11/2008 10:56:36 AM
Ek se BAIE DANKIE Me. Shabangu! Indien 'n misdadiger iemand net aanrand en/of sy eiendom steel moet hy 'n goeie loesing kry deur wie hom ookal betrap, maar as hy doodmaak vir sy eie gewin of sommer net, moet hy dieselfde paadjie loop as sy slagoffer. Ek dink nie enige misdadiger wil deurmaak wat hy aan 'n ander doen nie, dus glo ek sal kriminele dade definitief minder raak as die teenstand groter raak. Eintlik moet hierdie reel sommer werk vir ouers wat hulle kinders molesteer of so erg aanrand dat hulle in 'n hospitaal land. Miskien sal daar dan ook 'n verandering gebeur. -Liza

Shabangu 4/11/2008 11:01:29 AM
Ek is bly oor die minister se standpunt wat sy inneem - dit is hoog tyd dat iemand sy/haar stem dik maak. Ek is egter van mening dat as jy skuldig bevind word aan enige misdaad, jy dan deur jou eie toedoen, JOU menseregte prysgee. Geen misdadigers behoort toegelaat te word om hulle op hul "menseregte" te kan beroep nie. Sodra hulle 'n misdaad gepleeg het, moet hulle reg op "menseregte" onmiddellik ontneem word, soos bv. stemreg terwyl hulle in die tronk sit!! Dit is absoluut ongehoord! -Regverdig - Bellville

Shabangu 4/11/2008 11:18:37 AM
10 uit 10 vir 'n minister wat haar werk en departement ernstig opneem. Die polisie van ons land is sonder tande as hulle nie toegelaat word om op te tree om die wetsgehoorsame burger te beskerm nie. Ek glo nie dit was 'n "free for all" stelling nie. Die boodskap is bloot dat die misdadigers nie langer aan bewind gaan wees nie. Bravo vir die minister! -Jacqui

ag tog 4/11/2008 11:49:27 AM
Ai, daar is darem niks wat mens se hoop so laat beskaam as kommentaar op die Burger se website en in die By nie...Ernstig nou, wat rook julle? Doeltreffende optrede teen kriminele is een ding, maar om die polisie vrye teuels te gee om te skiet op wie hulle ook al dink is misdadigers? As een onskuldige persoon doodgeskiet word is die bloed op minister Shabangu en julle wat haar ondersteun in haar belaglike stellings se hande. Mense, dink 'n slag en moenie dat jou emosies jou uitsprake bepaal nie. Dis gevaarlik. -skoembs

susan shabangu 4/11/2008 11:54:57 AM
VIVA SUSAN!!!!Ek staan reg agter jou en stem saam. Baie van ons polisiebe-amptes is koelbloedig vermoor as hulle in hul motor sit of patrolleer op die strate. Hoekom maak hulle nie vir Susan die President nie? Dit is hoogtyd dat 'n vrou die land moet ly want ons moet ons kinders die regte pad ly en hulle beskerm en ons moet aan hulle toekoms dink. -"beentjies"

Me Susan Shabangu 4/11/2008 12:44:45 PM
Ek ken nie een van SA se Ministers of wat hulle ookal genoem word se name nie, maar ek sal jou naam onthou Me Susan Shabangu, want miskien sal die slagoffers van misdaad beskerm word en nie meer die misdadigers nie. Misdadigers het meer regte in SA as wat Slagoffers het. Dankie vir die uitlating, kyk net hoe baie het hierop gereageer, ons soek leiers, nie saamlopers nie. -Max

4/11/2008 12:50:57 PM
Ek stem saam dat misdadigers en verkragters doodgemaak moet word, maar daar is een probleem. Nou kan die polisie mos enige een doodmaak wie hul wil, al is iemand onskuldig. Hul kan net se, jammer ek was bedreig ens... Die polisie is nie meer dieselfde nie. Om eerlik te se daar is min polisiemanne wat opreg is. Kyk wat het hul in Stellenbosch gedoen en aan die ander onskuldige mense wat hul sommer langs die pad aftrek en aanrand. Ek skeer nie alle polisie beamptes onder dieselfde kamp nie, maar ek vertrou hul nie. Bring doodstraf terug, dan is die land 'n beter plek. -rozanne

Stop Moorddenaars 4/11/2008 12:53:41 PM
Bravo Susan Hulle beledig jou om te se Adjunk eerder Minister van veiligheid klink reg op die tong.Ja want jy praat met die regte tong tong van beskerming teen ons vergaande land van misdaad.Ja die Polisie weet ook wanneer om die sneller te trek hulle word dit opgelei.Maar ons moet ook bekommerd wees dat dit nie goed oorweeg word dalk nie.Maar erens moet dit van iemand wat omgee kom om ons te red en ek glo Susan sal dit haar plig doen om seker te maak dat dit nie nie te ver gevat word nie. -JC

Shabangu 4/11/2008 1:45:07 PM
Ek is getroud met 'n polisieman en ons het 2 kinders wat hul pa verafgod. Hy is van die goeies. Ek se DANKIE SUSAN! Dat iemand 'n slag vir hulle ook opstaan. Die res van die land sê dis jammer as 'n polisieman geskiet word. Het julle al ooit aan sy vrou en kinders gedink wat die hele tyd in vrees leef? Wat wonder of hy more oggend gaan huis toe kom? Nogmaals - Dankie Suzan. Ek sê nie die polisie moet links en regs mag skiet nie, maar op die oomblik is hulle teikens. Sou jy daarvan hou as jou man/pa/broer 'n teiken was met geen mag? -Moeg

SUSANNA 4/11/2008 2:00:08 PM
Mooi man ek "like" dit. Nou kan ons die misdadigers begin vasvat. -Connie

Shabangu 4/11/2008 2:24:20 PM
Ek wonder of die mense wat wil hê dat Susan haar stelling moet terug trek, dan nie kinders en familie het nie. Ek wonder maar net wat sal hulle doen as hulle familie so wreed aangerand, verkrag of dood gemaak word deur misdadigers. Hoe sal hulle daarop reageer. Ek glo niemand wil niemand net skiet nie. Baie mense het nie eens geld om hulle huise te beveilig nie. So wat staan die publiek te doen. Maar net toelaat dat alles hand uit ruk. Dankie vir iemand soos Susan wat omgee. -Vra maar net

 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |