Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 19º | Worcester 9º / 21º | George 11º / 21º | Port Elizabeth 14º / 23º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Gifstowwe in SA wyn
27/03/2008 09:33:21 PM - (SA)

LONDEN. – ’n Suid-Afrikaanse wyn wat in Stellenbosch geproduseer is, is deur ’n Europese organisasie uitgewys as een van 34 wyne wêreldwyd wat gevaarlike gifstowwe bevat.

Die studie, deur die Pesticide Action Network Europe (PAN-Europe), ’n organisasie wat homself beywer vir die gebruik van minder gifstowwe op landbouprodukte, sê hul studie toon wyn word “stelselmatig besmet” en dat dit ’n wêreldwye probleem is.

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf sê egter die vlakke van die twee swamdoders wat in ’n bottel wyn van ’n Stellenbosse produsent gekry is, is aansienlik laer as die internasionale minimumvlakke vir dié spesifieke stowwe.

PAN-Europe het 40 bottels wyn ontleed – 13 uit Frankryk, tien elk uit Duitsland en Oostenryk, drie uit Italië en een elk uit Australië, Chili en Suid-Afrika.

Altesame 34 van dié wyne het die residu van altesame 24 verskillende gifstowwe wat op die druiwe gespuit is, bevat. Sewe hiervan is moontlik kankerwekkend en ’n verdere vier word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie as “gevaarlik” beskryf.

Die Stellenbosse wyn het die residu van twee swamdoders, dimetomorf en flusilasool, bevat. Laasgenoemde word deur die Europese Unie as kankerwekkend beskryf en kan die reproduksie van selle beïnvloed. Die organisasie wou egter nie sê watter produsente se wyn getoets is nie.

’n Woordvoerder van PAN-Europe, mnr. Elliott Cannell, sê hul doelwit is om die aandag te vestig op ’n wydverspreide probleem in die wynbedryf.

“Dit sou gemeen wees om individuele produsente – van wie sommige al geslagte lank in die bedryf is – se besighede te vernietig deur hulle te identifiseer,” het Cannell gister aan Die Burger gesê.

Mnr. Jacques Rossouw, hoof van Geïntegreerde Produksie van Wyn (GPW), ’n Suid-Afrikaanse produsente-organsisasie wat hom beywer vir volhoubare wynproduksie, het gister gesê die bedryf en die departement van landbou doen gereeld toetse om te verseker dat Suid-Afrikaanse druiwe en wyn aan interna­sionale standaarde voldoen.

“In tien jaar van gereelde toetse het die GPW en die departement van landbou nog nooit ’n enkele geval gevind waar wyn of druiwe met onaanvaarbare hoë vlakke van gifstowwe besmet was nie.”

Rossouw sê die vlakke van dimetomorf en flusilasool wat deur die PAN-Europe gekry is, is baie minder as die strengste neergelegde minimum vir dié middels in enige wynproduserende land.

“Natuurlik is dit nie lekker as een van ons wyne op so ’n lys verskyn nie, maar aan die ander kant is dit onafhanklike bevestiging dat die toetse wat ons in Suid-Afrika het, wél werk. ’n Mens kan jou tog net meet aan ’n riglyn wat wetenskaplik bereken is.”

PAN-Europe sê druiwe is een van die mees besmette voedselprodukte in Europa. Hulle sê in die verlede het wingerdboere relatief onskadelike anorganiese swael as swamdoder gebruik. Ná 1993 het die gebruik van swael egter drasties afgeneem soos Europese boere na gevaarlike sintetiese swamdoders oorgeslaan het.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se winter- en lenteskole. Skryf nou in vir Die Burger se Vakansieskole.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
341 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |