|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
![]() Mnr. Butana Kom-phela
Nuus
Komphela verduidelik oor k-woord
26/03/2008 09:58:13 PM - (SA)
KAAPSTAD. – Die omstrede voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor sport en ontspanning, mnr. Butana Komphela, sê die konteks waarin hy die k-woord gebruik het, moet verstaan word.
Hy het eergister op ’n vergadering van dié komitee gesê oud-Springbok-rugbyspelers wat meen Peter de Villiers is nie opgewasse genoeg om nasionale afrigter te wees nie, volg ’n uitgediende filosofie.
Komphela het by navraag verduidelik hy het nie gesê “De Villiers is ’n k–r” nie.
“Al wat ek probeer sê het, is dat mense wat teen De Villiers gekant is die houding van ‘Ons wil nie deur ’n k–r-gelei word nie’ openbaar. Dit is wat ek binne konteks probeer sê het.”
Sy uitlating kom ’n tydjie nadat dr. Irvin Khoza, voorsitter van Fifa se plaaslike reëlingskomitee, aan ’n joernalis gesê het om “nie soos ’n k–r te dink nie”.
Hy het ná omstredenheid oor sy uitlating en kritiek deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie om verskoning gevra.
Intussen het mnr. Makhenkesi Sto-file, minister van sport, gister aan die gekose komitee oor maatskaplike dienste gesê dit is belaglik dat oud-Bokkapteins en AfriForum besorg is oor inmenging in sport.
Volgens hom bepaal die nuwe Sportwet hoegenaamd nie dat die regering hom sal bemoei met iets wat die domein van onafhanklike sportfederasies is nie.
“Ons het ’n baie meer genuanseerde benadering tot transformasie en ontwikkeling as dít,” het Stofile gesê.
Hy het ook bygevoeg dat die regering en die ANC geen voorkeure het oor wie aan die stuur van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) staan nie.
Inteendeel, hy het sy broer, Mike, wat vir die amp van president van Saru benoem is, gewaarsku om nie by die administrasie van die spel betrokke te raak nie.
“Dit is heeltemal te kompeterend,” het Stofile gesê.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |