Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die burgemeester van Kaapstad, me. Helen Zille, kon gister skaars haar opgewondenheid oor die vordering met die bouwerk aan die Groenpunt-stadion in toom hou. Hier wys sy hoe ver daar al met die bou van die sitplekvlakke gevorder is.Foto: NEIL BAYNES
Die burgemeester van Kaapstad, me. Helen Zille, kon gister skaars haar opgewondenheid oor die vordering met die bouwerk aan die Groenpunt-stadion in toom hou. Hier wys sy hoe ver daar al met die bou van die sitplekvlakke gevorder is.   Foto: NEIL BAYNES
Nuus
Groenpunt vier een jaar se bouwerk
26/03/2008 09:57:47 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Die Groenpunt-stadion bied nie net elke dag werk aan meer as 2 000 konstruksiewerkers nie, maar het ook gesorg dat ’n paar honderd ongeskooldes al nuwe vaardighede aangeleer het.

Dié werkers is gister op ’n tradisionele bouersbraai op die konstruksieperseel getrakteer om die eerste jaar van bouwerk te vier.

Die werk het egter nie tot stilstand gekom nie. Die braaiery is tussen die skofte deur vir verskillende groepe aangebied, het die burgemeester van Kaapstad, me. Helen Zille, en die projekbestuurder van die konsortium Murray&Roberts WHBO, mnr. Andrew Fanton, gesê.

Fanton het Zille en ander belanghebbendes gister gaan wys hoe ver die bouery ná ’n jaar is.

Hy en Zille het daarop gewys dat agterstande wat veroorsaak is deur administratiewe en regsprosesse, asook ’n arbeidsdispuut en swaar winterreën, uitgewis is.

Die bouwerk is op koers en op datum. ’n Derde van die bouwerk is voltooi, het hulle gesê.

Bouwerk aan die tweede vlak waarop sitplekke ingerig sal word, het reeds begin. Die eerste twee vlakke sal 55 000 sitplekke hê, waarna ’n derde vlak met 13 000 sitplekke gebou sal word.

Volgens Fanton behoort die bouery van die derde vlak baie vinniger as die eerste twee te vorder, aangesien dit hoofsaaklik uit staalkonstruksies sal bestaan. Die sitplekke op die derde vlak sal ná die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 verwyder word.

Fanton het by navraag gesê 400 ongeskoolde arbeiders het reeds opleiding by ’n opleidingsentrum by die stadion ondergaan.

Basiese vaardighede in die konstruksiebedryf word aangeleer. Diegene wat ’n aanleg toon, ontvang verdere opleiding. “Dit kos tyd, maar dis ’n eerste stap om meer mense vir die konstruksiebedryf gereed te maak.

“Die stadion behoort net die eerste van baie projekte in die Wes-Kaap te wees waar hulle tot die bedryf kan toetree, en sodoende kan hulle hul nuwe vaardighede uitbrei en verbeter,” het Fanton gesê.

Hy het bygevoeg dat die podiumblok by die ingang van die stadion teen Julie vanjaar ook klaar behoort te wees.

Gevra of hy tevrede is noudat die agterstande ingehaal is, het Fanton gesê: “Ek sal eers tevrede wees op 15 Desember aanstaande jaar – die dag nadat ons die stadion klaar gebou het.”

Zille het werkers op die bouperseel ontmoet en hulle, sowel as die projekbestuurders en lede van die Kaapse 2010-span, geloof vir die werk wat hulle doen.

“Ek het gesê ons moet die beste internasionale projekbestuurders vir die Groenpunt-stadion kry. Ons het nie, en ek is bly daaroor, want ons eie mense het gewys dat ons oor wêreldklas-projekbestuurders beskik,” het sy gesê.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |